
MEER OOR
mini-MARK
’n Klein intieme mark, meestal gekonsentreer in en om die Callie Human-saal en die Eksamenlokale, met slegs uitgesoekte, hoë gehalte, uniek Suid-Afrikaans vervaardigde produkte!
Aangesien ons Hooffees jaarliks in die winter aangebied word, maar hierdie jaar in Oktober sal plaasvind, hou ons hierdie jaar ‘n lekker Winter mini-MARK van 12 – 16 Julie 2022.
Hierdie mark is kleiner en sluit nege produksies in, vir almal om te geniet!
Om die volledige program te sien, kliek op die skakel:
Vertonings


Om toegang tot die Feesterrein te verkry, lees asseblief die volgende inligting en gebruik die meegaande skakels.
Die Universiteit van die Vrystaat het streng Covid19-regulasies in plek om die veiligheid van almal te verseker. Deur ‘n kaartjie te koop, stem jy in dat; Volwassenes moet óf ‘n inentingsertifikaat en hul kaartjie by die hek voorsien OF ‘n negatiewe SARS (COVID 19) PCR-toets, óf ‘n negatiewe COVID-sneltoets en hul kaartjie by die hek toon.
Alternatiewelik kan kaartjiehouers hul bewys van inentingsvrystelling weens gesondheids- of ander redes op die UV se sisteem oplaai (laat asseblief 72 uur toe vir verifikasie). Volg die volgende skakel om op te laai: Klik gerus hier. (Let wel, onder toegangstipe, kies ‘privaat’).
Jy sal ‘n QR-kode ontvang wat toegang tot die UV-kampus sal toelaat of;
Deur ‘n kaartjie te koop, stem jy in om by die Universiteit van die Vrystaat se COVID 19-beleid te hou. Jy kan toegang tot die COVID 19-beleid hier vind. Klik gerus hier.









