English
Facebook You Tube
Vrystaat Kunstefees - Birds
  • Kunstetrust-Odeion 2017-07-21 10:30
  • Prys: R 100
  • Ouderdomsbeperking:
  • Tydsduur: 60 min

 

Met: Aaron Carpene (orrel)

Die program huldig ons geveerde vriende met werke van Europese komponiste. Franz Liszt is beïnvloed deur St. Francis se visie van natuur. Girolamo Frescobaldi het met die tweenootvers van die koekoek in kontrapuntale toordery gespeel. Camille Saint-Saëns bring ook hulde aan die koekoek in die geliefde Karnaval van die diere, maar hieruit is veral Die Swaan bekend as een van sy mees verleidelike melodieë. Die nagtegaal ‘sing’ in die Franse chanson Le rossignol plaisant et gratieux en voëlsang word nageboots in die Book of Holy Sacraments deur Olivier Messiaen. Laastens is die
komponis Byrd ook ingesluit. Die program word met opnames van ’n verskeidenheid voëls afgewissel. Ondersteun deur Istituto Italiano di Cultura Pretoria. Kunstenaarsinkomste vir hierdie vertoning geskenk aan Bloemfontein Dieretuin.

 

Borge
Projekborge