English
Facebook You Tube
Vrystaat Kunstefees - The Mesh | Keith Armstrong
  • Johannes Stegmann-galery, Sasol-biblioteek, UV 2017-07-17 20:00
  • Prys: Free/Gratis
  • Ouderdomsbeperking:
  • Tydsduur:

 

Datums en Tye: 17-22 Jul 09:00 - 18:00 & 24 Jul-11 Aug Maan - Vry/Mon - Fri 08:30 - 16:30

Lokaal: Johannes Stegmann-galery, Sasol-biblioteek, UV 

The Mesh is ’n interaktiewe ervaringsgegronde solo-uitstalling deur Keith Armstrong. Die vyf kunswerke op uitstalling ondersoek hoe die ‘maas’ [mesh] van omgewings-, sosiale en kulturele ekologieë ons wêrelde skep, en vra dan hoe ons ons plek en aksies binne hierdie netwerke kan verbeel as ‘refuturing’ (d.w.s.
gesamentlike aksies wat bydra tot verlengde tyd in die toekoms). Retrospektiewe werke word uitgestal saam met internasionale eerstes. Hierdie sluit in ’n beeldhouwerkagtige, teksgebaseerde werk, O Tswellang, ontwikkel in samewerking met ‘veranderingsagente’ in die informele nedersettings rondom Bloemfontein as deel van die Seven Stage Futures-projek, ook aangebied tydens die kunstefees in plaaslike nedersettings. Een van die vyf werke, Eremocene (Era of Loneliness), debuteer internasionaal en bied besoekers interaksie met gloeiende optiese vesels wat onaards deur ’n verdonkerde tenk beweeg, vergesel deur dinamiese klanke wat natuurlike/kunsmatige intelligente wesens suggereer, dubbelsinnig geïsoleer op die rant van fluïede bewussyn. Die uitstalling bied
ook ’n nuwe benadering tot innoverende video-installasies soos Shifting Dusts, oorspronklik in opdrag van die Institute for Contemporary Arts (ICA) Londen in
2006, en Seasonal. Toeskouers beweeg op nie-liniêre wyse verby die werke, sien kinetiese lig-werke, teleskopiese tonnels van onaardse beelde en klanke, asook sagkens polsende, dubbelsinnige oppervlaktes. In alle opsigte verlig The Mesh die stille, skaduryke versperrings van kulturele misverstande wat verhoed dat ons onsself as ’n toekoms-bewaarde spesie kan indink. Medewerkers sluit in Luke Lickfold (interaktiewe klankkomposisie), Matt Davis (interaktiewe beelde), Briony Luttrell (tjellis), Stu Lawson (visuele ontwerp), Lawrence English (klank), Roger Dean (klank), Thabang Mofokeng (woorde), Charlotte Vincent (regisseur), Guy Webster (klank), TC Howard (uitvoering), Tania Leimbach (UTS Institute for Sustainable Futures), Queensland Universiteit van Tegnologie, Creative Lab Research Centre, Creative Industries Faculty, Brisbane, die Program vir Innovasie in Kunsvormontwikkeling (PIKO), Universiteit van die Vrystaat se Sentrum vir Ontwikkelingsondersteuning, Qala Phelang Tala en Vincent Dansteater.

 

Borge
Projekborge