English
Facebook You Tube
Dis My Stad

Bloemfontein 2016-07-16 12:00:00 AM 

 

Hoof Kunstenaar: Alex Rinsler

Plaaslike Kunstenaars: Minè Kleynhans, Marius Jansen Van Vuuren & Tshiamo Art and Crafts Collective (Loki Maselwane, Itumeleng Moamogwa, Tshegofatso Marogoa)Poppespel

Regie: Nieke Lombard

Kurator: Angela de Jesus

Produksie Bestuurder: Corneli van den Berg

Produksie Assistent: Thabiso Isaac Titi

Gemeenskap Interaksie: Tessa Ndlovu

Projek Adviseer: Jako Olivier"Brand"Konsultant: Johannes Deetlefs. . . en die mense van Bloemfontein   

 

Drie reusagtige beelde verskyn in verskillende dele van Bloemfontein.

Bloemfontein is ’n stad van baie verskillende gemeenskappe wat langs mekaar woon. Dis My Stad verteenwoordig drie sienswyses deur drie plaaslike kunstenaars en hul gemeenskappe oor hul ondervindings van die stad en hul wense vir die toekoms. Drie beelde sal ’n week lank op verskillende plekke in Bloemfontein staan en almal nooi om hul eie wense by te dra om hulle te voltooi. 

Op Saterdag 16 Julie sal die beelde skouspelagtig lewend word. Hulle sal beweeg om mekaar vir die eerste keer te ontmoet, te sien en te herken. En ná ’n kort seremonie sal die werke afgebreek word en die gemeenskappe agterlaat wat hulle gemaak het. 

Die projek is bedink en gelei deur Alex Rinsler, ’n openbare kunstenaar en feesvervaardiger wat in die Brittanje gevestig is en internasionaal werk. Sy werk verken hoe beelde uit oomblikke van verwondering geskep word en nuwe stories skryf. Hy is bekend vir die skep van reuse-diere en groen mans, en om dan die meeste van sy skeppings te verbrand. Dis My Stad is sy eerste projek in Suid-Afrika. 

Dis my stad is vanjaar se hoofprojek van die Program vir Innovasie in Kunsvormontwikkeling (PIKO), ’n samewerking tussen die Universiteit van die Vrystaat en die Vrystaat Kunstefees, ondersteun deur die Andrew W. Mellon-stigting

 

Foto: Dis my stad, 2016. Leopold Frechow

Seniorborge & donateurs
Projekborge