English
Facebook You Tube
My father’s daughter - Qomatsi

Civic 2016-07-14 08:00:00 PM

Civic 2016-07-15 10:30:00 AM

 

Prys: 100

Ouderdomsbeperking: 13 VL

Tydsduur: 75

Taal: Sesotho, Eng

Teks: Jerry Mofokeng, Mosili Makuta

Regie, produksie: Jerry Mofokeng

Met: Jerry Mofokeng wa Makhetha, Mosili Makuta 

 

Daar is ’n bloedskandige attraksie in mag wat mans en vroue lok om in uiterstes te verval om hul magsposisies te behou. Tseka, ’n oorlogsveteraan, kan nie toelaat dat ’n jong vrou die setel neem waarvoor hy 25 jaar lank geveg en gewag het nie. Dipuo is haar pa se dogter. Haar vegkrag het gemaak dat sy die wêreld deurkruis om haar land se vryheid en demokrasie te laat gebeur. Die stuk speel af teen die agtergrond van die noodtoestand (Qomatsi) in 1970 in Lesotho. Wanneer ’n party 25 jaar lank sukkel om die gety van Qomatsi te draai en verkiesings te wen duik nuwe magsdinamika op. Jerry span saam met sy protégé Mosili om dié menslike verhaal in ’n tyd van oorwinning te vertel. Die storie is fiktief – dit weerspieël die reise van baie Afrika-lande. Die produksie is deur die fees aangevra. 

Borge
Projekborge