English
Facebook You Tube
PAP Squared

Hertzogplein 2016-07-11 08:00:00 AM

Hertzogplein 2016-07-12 08:00:00 AM

Hertzogplein 2016-07-13 08:00:00 AM

Hertzogplein 2016-07-14 08:00:00 AM

Hertzogplein 2016-07-15 08:00:00 AM

 

Vervaardiger: PAP  

 

Die Publieke Artistieke Projek gaan Hertzogplein in die middestad ophelder met optredes, installasies, tydelike beeldhouwerke, visuele kuns, gebeurtenisse en blitsskares. Kosstalletjies, plaaslike verkopers en ’n skaatsplankbaan is net enkele attraksies. Gratis pap en sheba sal bedien word en inter-aktiewe kuns gaan ’n lewendige atmosfeer skep vir voetgangers om hul verskuilde kunstenaar te ontdek. Besoekers word aangemoedig om ou klere te bring vir ’n klerewisseling-inisiatief om behoeftiges te help teen die winter. Medewerkers van die VS Kunstefees, VryngeVRY-wees en Transformer-toetslopies gaan met impromptu-optredes hul gehore verder as die kampusterrein laat strek. Dis ook ’n ideale begin- en eindpunt om die muurskilderyroete en middestad te herontdek. Aangesien monumente van ’n vergange tyd ’n vuurwarm onderwerp in die nasionale bewussyn is, spreek hierdie inisiatief die kwessie aan deur ’n koloniale ruimte op te dateer en die funksie daarvan uit te brei.

Borge
Projekborge