English
Facebook You Tube
pvi collective

 

pvi collective genereer agiterende, deelnemende kunswerke wat gefokus is op die kreatiewe ontwrigting van die alledaagse bestaan van mense. Elke kunswerk wil gehore op ’n persoonlike en politieke vlak raak en is daarop gemik om klein revolusies te begin. Die maatskappy wil van sy gehore aktiviste maak deur speels ondermynende optredes te skep wat ware betrokkenheid uitlok, en ons persepsies van ruimte, stede en die omgewing verander. Onderliggend aan hul werk is hul uiteindelike doel om die wêreld te red deur kreatiewe spel en revolusionêre pret. pvi is in residensie by die department drama en toneelkunde aan die UV. Ondersteun deur die Andrew W. Mellon-stigting.

Borge
Projekborge