English
Facebook You Tube
Giidanyba (Lugwesens)

Giidanyba (Lug wesens) bestaan uit sewe figuur-agtige beeldhouwerke. Hierdie sewe figure verbeeld nag geeste wat kennis en leiding verleen aan die Eerste Nasie- Gumbaynggirr-volk van Australië. Die Giidanyba verander van onbeligtebeelde gedurende die dag na helder en glansende wesens in die aand. Uit hierdie geesagtige vorms stroom beligting en klanke wat op die beweging van toeskouers reageer. Die strukturele elemente van die installasie is van glasvesel en staal, terwyl tradisionele okers op die oppervlaktes van die individuele figure deur Gumbaynggirr-gemeenskapslede, onder leiding van die kunstenaar, aangewend is.

Tyrone Sheather is ’n Australiese kunstenaar van gemengde afkoms. Hy behoort aan die Gumbaynggirr-volk, gesetel aan die noordelike kuslyn van Nieu-Suid-Wallis. Deur die kombinasie van tradisionele en eietydse media, kennis en verhale wat oor eeue heen binne die Gumbaynggirr Dreamtime oorvertel word, beoog Sheatherom deur sy werk kwessies van identiteit te ontbloot en te verken. Hy verduidelik: “In the Dreaming (Yuludarla), the Hero-Ancestors made and transformed thelandscape with their special powers of creation and destruction. Simulating aGumbaynggirr rite of passage, Giidanyba symbolises these Spiritual Ancestors,as they descend from the Muurrbay Bundani (tree of life) in the sky, to supportpeople throughout their cultural journey and to guide them into the next stage oftheir lives”.

Giidanyba vorm deel van die Eerste Nasie-projek van die Program vir Innovasie in Kunsvorm ontwikkeling (PIKO) en word aangebied in samewerking met SITUATEArt in Festivals, die Salamanca-kunssentrum en Oliewenhuis kunsmuseum. Ondersteun deur die Australië Raad vir die Kunste, projekbestuurder Ainslie Macaulay en geïnstalleer deur Ed Horne.

 

**Tyrone Sheather, Giidanyba, interactive multi-media installation.Image courtesy of Situate Art in Festivals

Borge
Projekborge