Ons Perspektief

‘n Virtuele uitstalling

Ons Perspektief is ‘n samewerking tussen die Nederlandse kuns/hip- hop-kollektief Brother Till en verskeie Afrika rymkletskunstenaars. Hulle vermeng musikale style en agtergronde om werk te skep wat nie net musiekale genres nie, maar ook grense tussen dissiplines, lande en kulture, transendeer. Vir die Vrystaat Kunstefees het Brother Till ’n virtuele gallery gekurateer wat die kyker deur die diverse werk van dié kunsprojek begelei. ’n Retrospektiewe uitstalling.

Place of event 9 Okt 9:29  
Datum en tyd/Date and time
Event actors BrotherTill, HemelBesem, Yoma, die Hooflig, Broederbond (Breimasjien & Jah Logo), Jodas, Frazer Barry (Tribal Echo), Oxijin, Churchil Naude, Stef Bos (NL), Lee-Ursus Alexander, Roots Rising (NL), NESS (NL)
Akteurs/Actors
Genre of event Hip-hop,Rymklets, Gesproke woord, Elektroniese musiek, Videokuns, Uitvoerende kuns, Dokumentêr
Genre/Genre
Event language Afrikaans, Nederlands
Taal/Language
Event music BrotherTill
Musiek/Music
BrotherTill
Regie/Direction
+- 60 min
Tydsduur/Duration

Platfontein Drukprojek

Minikatalogus met afdrukke

Platfontein is die tuiste van die !Xun- en Khwe-mense, eerste-nasies-inwoners van Suider-Afrika. Vrystaat Kuns en Gesondheid (VSKG) het ‘n drukprojek vir die jeug inisieer in vennootskap met die William Humphreys Kunsgalery en die Isibindi Jeugsentrum. Gedurende die projek het jong kunstenaars in gesprek getree met die ouer en bejaarde inwoners. Hulle het van die stories wat al vir generasies oorgedra is in die oratoriese tradisie van die !Xun en Khwe, met die jongelinge gedeel. Die projek het jong kunstenaars toegelaat om as agente tussen die generasies in hul gemeenskap op te tree op ’n manier wat hul ryk kulturele erfenis gestand doen. Die kunswerke het die produk geword van ’n gemeenskapskuns- en kulturele-ontwikkelingsproses wat gemeenskapstrots en kulturele bemiddeling onder die deelnemende kunstenaars laat posvat het. Vir die jeug hier moet tradisionele folklore meeding met meesternarratiewe wat vreemd aan hulle is. Vir baie van die jong projekdeelnemers was dit die eerste keer dat hulle die stories wat hierdie kunswerke oordra, gehoor het. Nou is die tradisionele stories van die !Xun en Khwe eerste nasies visueel in hierdie portfolio saamgevat.

Jong kunstenaars van Platfontein het die drukwerke gemaak as deel van die generasie-kohesieprojek wat die oordrag van kulturele narratiewe van die ouer na die jonger generasies fasiliteer. In die laaste kwartaal van 2019 het die Platfontein Drukprojek ’n gans nuwe versameling werke opgelewer met die ondersteuning van ons vennote op die grond en met bykomende hulp van die Nasionale Erfenisraad. As gevolg van die beperkinge van die pandemie is ons interaktiewe gemeenskapskunsuitstalling in 2020 gekanselleer en is ’n virtuele kunsgalery geskep wat deel van die wêreldbekende Ars Electronica-fees geword het. Die werk, getiteld Ons Kom Vanaf Ons Stories, is ’n driedimensionele virtuele ruimte in die Mozilla Hub en was die produk van die !Xun en Khwe eerste nasies se gemeenskapskuns- en kulturele-ontwikkelingsproses. Hierdie projek het deelnemende kunstenaars gehelp om gemeenskapstrots en kulturele eienaarskap vir hulself toe te eien. Vir baie van die deelnemers aan die projek was dit die eerste keer dat hulle blootgestel is aan die stories wat hierdie kunswerke oordra. In 2021 gaan VSKG ’n minikatalogus publiseer van al die drukwerke en sommige van die stories wat vasgevang is in die drukwerke.

Oliewenhuis

Tentoonstellings by Oliewenhuis-kunsmuseum gedurende die Vrystaat Kunstefees 

Museumtye: Ma – Vr: 09:00 – 17:00; Sa – So: 09:00 – 16:00 (afhangend van vlak van inperking / depending on lockdown level)

Hoofgebou

New Breed Art Kunskompetisie 

Opening: Dinsdag, 5 Oktober18:00
Kay Fourie. Scrapyard (2019). Houtskool op Academia.
Bongani Tshabalala. Deeper into the Soul (2019). Foto.

Datum: 5 Oktober – 14 November 2021 

Plek: Hoofgebou, Oliewenhuis-kunsmuseum

Phatshoane Henney Prokureurs, in samewerking met Oliewenhuis-kunsmuseum, die Art Bank of South Africa en die Free State Art Collective, nooi jaarliks opkomende kunstenaars van die Vrystaat om in te skryf vir die New Breed Art Kunskompetisie met die doel om hierdie kunstenaars aan te moedig om na vore te tree en moontlik as ‘n “new breed”-kunstenaar ontdek te word. Die uitstalling van die finaliste se werke sal vanaf Dinsdag 5 Oktober 2021 vertoon word.

U word ook uitgenooi om vir u gunsteling-kunstenaars te stem om hierdie jaar se Public Choice Award te wen, deur middel van die kompetisie se amptelike webtuiste, www.newbreedart.co.za.

Reservoir

Āvāhana – Invocation

ʼn solo-uitstalling deur Amita Makan

Kurator: Dr. Bongani Mkhonza

Opening: Dinsdag, 5 Oktober 2021, 19:00

Āvāhana-Invocation is ʼn reisende solo-uitstalling deur Suid-Afrikaans-gebore kunstenaar, Amita Makan. Makan se lapkonstruksies met borduurwerk en collage geniet internasionaal erkenning. Sy besiel haar werk met identiteit, herinnering en geskiedenis deur van eertydse sari’s gebruik te maak en voel intuïtief die kontemporêre aan deur gevonde materiale te integreer – die detritus van plastiek wat ons omgewing vervuil en ons uitdrukkings van versorging besoedel.Makan begin met ʼn selfportret waaruit stralende kanale die worstelende oorlewing van die natuur, waarvan ons so afhanklik is, verken. Op hierdie wyse beklemtoon Makan haar rol binne ʼn toenemend ernstige kulturele reaksie op kapitalisties-gedrewe omgewingschaos – hier neem dit die vorm van ʼn gebed aan om die balans en harmonie van ʼn gebroke aarde te restoureer. In ʼn opstel wat die uitstalling vergesel, skryf kunshistorikus Hélène Tissières: “Om die natuur as kuns weer te gee bevraagteken die … oorheersing van die natuur wat stelselmatig lei tot die verdwyning van duisende spesies, die onderbreking van die voedselketting, die ontwrigting van die regulering van die ekosisteem.”

Amita Makan. Snow Protea I (2017). Borduurwerk met metaal-, nylon- en poliëstergaring, sintetiese linte, krale, Swarovski-kristalle, eertydse sari’s en sequins op tulle, 130 x 92 x 6cm.
Amita Makan. Vasant III (2017). Borduurwerk met satyn en viskose garing, hergebruikte plastiekverpakking op sy organza, 83 x 120 x 3cm.
Amita Makan. Ubuntu Baobab I (2019). Borduurwerk met eertydse saris, sequins, kralewerk met metaal en viskosegaring op sy organza, 270 x 114cm.

Hoe klink ONS

’n Poëtiese, beeldryke en simfoniese gesprek tussen vier kunstenaars en twee stede: Kaapstad en Zwolle.

Oktober 2020 – tydens die Corona-krisis – werk die Nederlandse kunstenaarsduo, BotherTill en filmmaker Jonathan Sipkema, saam met die Suid-Afrikaanse woordkunstenaar Jitsvinger en filmmaker Lindsey Appolis aan ’n unieke projek. In hierdie filmprojek gaan soek hulle nuwe maniere om mekaar via digitale kanale te leer ken. Hulle het gewerk vanuit die vertrekpunt: Luister is kyk, en kyk is luister. “Hoe klink stromende water vir jou? Watter lied sing die voëls in die aand? Watter geluid sit onder jou vel?” In hierdie 72-uur-lange filmprojek leer vier kunstenaars mekaar ken deur die klanke van hul huise te verwoord en die poësie van die stad uit te beeld.

Die filmprojek val binne die internasionale samewerkingsprojek ONS Perspektief.

Place of event
Debuut
Place of event
Datum en tyd/Date and time
Event actors Peter van Til – BrotherTill, Jitsvinger (Quintin Goliath)
Akteurs/Actors
Municipality Zwolle (NL), BrotherTill Foundation
Beskermheer/Sponsor
Event language Afrikaans – Nederlands
Taal/Language
Event music Mathijs van Til
Musiek/Music
Event country Peter van Til – BrotherTill, Jitsvinger (Quintin Goliath)
Teks/Script
Event country Video: Jonathan Sipkema, Lindsey Appolis Audio Post production: Tonny Nobel Color Grading: Wieger Steenhuis
Fotografie/Photography
09 min
Tydsduur/Duration

Gif / Poison / Ityhefu

Die storie is eenvoudig, die gevolge nie. Ná jare ontmoet ’n man en vrou mekaar weer by hul kind se graf, maar hulle is ander mense – hy het aanbeweeg, sy nie. Hulle het ’n kind verloor, toe hulleself, toe mekaar. Hoe nou?  Hierdie vertoning is opgeneem tydens die 2017 Vrystaat Kunstefees. 

Place of event
Datum en tyd/Date and time
Event actors Atandwa Kani, Tinarie Van Wyk Loots
Akteurs/Actors
Genre of event Drama
Genre/Genre
NATi, Vrystaat Kunstefees, De Koningkrijk der Nederlande
Beskermheer/Sponsor
Event language Afr, Eng, isiXhosa
Taal/Language
Event music Mahlodi Kenny Rakotsoane
Musiek/Music
Event design Guy de Lancey, Michael Garbett
Ontwerp/Design
Event singers Mahlodi Kenny Rakotsoane
Sangers/Singers
Event country Lot Vekemans
Teks/Script
Erwin Maas
Regie/Direction
Event country Willem Anker
Vertaling/Translation
90 min
Tydsduur/Duration

Pauline Gutter & Jacques Fuller

Die Vrystaatse kunstenaars Pauline Gutter en Jacques Fuller span hul kragte en talente saam vir ’n visuele kunsuitstalling by die Monte Bello-landgoed op 15 en 16 Oktober 2021. Gutter en Fuller, wat saam meer as sestig jaar se ondervinding as visuele kunstenaars het, stal twee dae lank ’n versameling van hul onlangse werk by dié skilderagtige en moderne landgoed uit, waar kykers hulle kan regmaak vir ’n viering van tegniese uitnemendheid in skilderkuns, geelkoperbeeldhouwerk, houtskooltekenwerk en litografie. 

Pauline Gutter se werk fokus op kwessies van mag en grond, en die onstabiliteit en wisselvalligheid van die landbousektor. Kykers word weggevoer na ’n skynwerklikheid wat hulle uitdaag om die konflik tussen grond en masjinerie en tussen die mens en tegnologie te ondersoek, dikwels met die bul as metafoor vir ’n menslike geldeenheid, vir krag en vir die oordrag van die landskap se inherente energie. Hierdie uitstalling is Pauline se eerste in die Vrystaat sedert haar solo-uitstalling, Purgatorium, in 2016.

Jacques Fuller se werk handhaaf ’n fyn balans tussen satire en kommentaar oor kontemporêre politieke kwessies. Jacques gebruik die buitengewoon moeilike medium van getemperde geelkoperbeeldhouwerk om die kyker in te lok, en sy besondere beeldhouwerke blaas lewe in die kragtige kontras tussen erns en tong-in-die-kies humor. Met hierdie uitstalling demonstreer Jacques vier dekades se ondervinding in die smee van geelkoperbeeldhouwerk, en stel hy sy ongelooflike beheer van ’n onversetlike medium – metaal – ten toon.

Die samekoms van dié twee kunstenaars in een spasie is ’n sonderlinge eer in die Vrystaat – sluit by hulle aan vir twee dae van kreatiewe toordery in hierdie voortreflike ruimte.

Die geleentheid vind by die Monte Bello-landgoed plaas op 15 Oktober van 18:00 tot 22:00 en weer op 16 Oktober 2021 van 10:00 tot 22:00.

Om jou bywoning te bevestig, kontak asseblief Monte Bello se geleentheidskoördineerder, Jeanne-Mari van den Berg, by jeannemari@montebelloestate.co.za.

Interface Exhibition

Kurator: Miné Kleynhans en Teboho Mokhothu 

Datum: Virtuele uitstalling opening 4 Oktober 2021 

“ver van ‘n deursigtige venster in die data binne ‘n rekenaar, bring die koppelvlak sterk boodskappe van sy eie daarmee saam. watter soort?”

Virtuele kunswerke en aanlyn kunsbesigtiging is al vir ʼn geruime tyd algemeen, tog het die situasie rondom Covid-19 ʼn geëskaleerde migrasie na die virtuele ruimte genoodsaak. Ons ervaar kuns deur galery-webtuistes, virtuele uitstallings, aanlynkunsskoue en sosiale media. Die uitstalling Interface bied ʼn seleksie van kunstenaars wat worstel met die konsep van “interfacing” as ʼn ontmoetingspunt tussen tegnologie en verbruiker, kuns en gehore – of stellig, in sommige denke, die afwesigheid van “ontmoeting”. 

Die uitstalling sal op ‘n toegewyde webdomein vertoon word, gevolg deur ʼn fisieke uitstalling in 2022 en sal die uitruil en teenstrydigheid tussen hierdie ruimtes wat “inter” is, ondersoek. 

Allen Laing. Cellphone Holder (2020). Koorsboom en Kiaathout.
Lesego Motsiri. Roses of the City (2021). Digitale kunswerk / afdruk op Albond-metaal.
Lyrene Kuhn Botma. Quick Response (2021). Digitale skets met skandeerbare QR-kode op foto-flenters.

LAND/MINE: AANDADIGE GEOGRAFIE

Jeannette Unite. MINING THE ARTIST’S PAINTBOX (1992 – verder). Segment van verpersoonlikte periodieke tabel met elemente versamel tydens die kunstenaar se reise.

Sedert haar verblyf in die 1990’s op die alluviale diamantmyne aan Afrika se weskus, fokus Jeannette Unite op Afrika se omstrede mineraalgeskiedenis en die wyse waarop die mens die aarde uitbuit. Haar artistieke, argivaliese navorsing en navorsing op voetsoolvlak spreek die vraag aan waarom die aarde van belang is, asook die verhouding wat die mens met minerale en die aarde histories het. Die resultaat hiervan is ʼn hoogs persoonlike liggaam van werk waaruit haar staafkode, geo-naatmineraalskilderye as ʼn omstrede ertsaar in die LAND/MINE-uitstalling geïnstalleer sal word.Die materiële eienskappe van haar werke is self buitengewoon: die kunstenaar herwin detritus-oorskiet van industriëleterreine en gebruik dit as die kleur en pigment in haar tekeninge en skilderye. Sy werk ook saam met geo-chemici, verf-chemici en keramiekkunstenaars om haar eie verf- en pastelresepte te ontwikkel. Haar palet, georganiseer in ‘n unieke periodieke tabel, bestaan uit flesse gevul met ontginde materie; beide die kosbare erts wat in die industrie gebruik word en dié in slykdamme en mynhope wat sy op haar reise na afgeleë ontginningsgebiede in 32 lande versamel het. Unite se direkte gebruik van ontginde materiaal onderskryf haar navorsingsgebaseerde kunspraktyk wat talm op die voortgesette rol van die mynwese in die (her)produsering van koloniale magsverhoudings.

Datum: 12 Oktober – 12 November 2021 

Plek: Johannes Stegmann Kunsgalery, UFS

Weens Covid-19 is toegang tot die Bloemfontein kampus beperk tot permithouers.

Tyd: 9:00 – 16:00 

Virtuele uitstalling