Maandelikse Aanlyn Gesprekke

VSKG sal maandeliks aanlyn gesprekke aanbied met ’n verskeidenheid onderwerpe oor hoe kuns kan bydra tot die genesing van generasie trauma, witleuens wat in ons geskiedenisboeke vertel is, geweld tussen intieme maats, eerste nasies en inheemse erfenis, asook die PTSV-kultuur in Suid-Afrika. Hierdie gesprekke sal ons help om maniere te vind om hierdie ruimtes te navigeer en ons toelaat om meer effektief te weet hoe om met mediasie te begin om geselekteerde gemeenskappe by te staan.

Nuusbrief

Die VSKG-program stel jaarliks nuusbriewe saam vir die praktisering van kuns en gesondheid in Suid-Afrika. Hierdie nuusbrief dien as ’n platform vir kunstenaars, praktisyns, navorsers, skrywers en organisasies wie se aktiwiteite in die kunste en gesondheid oorveuel. Die nuusbrief publiseer ook interessante inhoud oor aktiwiteite soos interaksie met gesondheidgemeenskappe, beveel gesonde welstand aan of betrek gehore direk by vraagstukke oor die ontwikkeling van narratiewe oor gemeenskapsgesondheid.

Die nuusbrief spreek die noodsaaklikheid van skakels tussen die afgebroke kuns- en gesondheidpraktyke in Suid-Afrika aan sodat die praktyk kan groei en gehore daarmee en met mekaar in voeling kan kom. Hiermee beoog ons ook om eienaarskap in die kuns- en in die gesondheidsektor te bevorder, die weg te baan vir samewerking en kollektief die vlak van diskoers oor plaaslike kuns en gesondheid te verhoog.

Om artikels en gedigte in te dien, e-pos bydraes asseblief na rea@vrystaatkunstefees.co.za. Die sluitingsdatum vir bydraes vir die 2021-nuusbrief is 30 September 2021.

Ons Perspektief

‘n Virtuele uitstalling

Ons Perspektief is ‘n samewerking tussen die Nederlandse kuns/hip- hop-kollektief Brother Till en verskeie Afrika rymkletskunstenaars. Hulle vermeng musikale style en agtergronde om werk te skep wat nie net musiekale genres nie, maar ook grense tussen dissiplines, lande en kulture, transendeer. Vir die Vrystaat Kunstefees het Brother Till ’n virtuele gallery gekurateer wat die kyker deur die diverse werk van dié kunsprojek begelei. ’n Retrospektiewe uitstalling.

Place of event 9 Okt 9:29  
Datum en tyd/Date and time
Event actors BrotherTill, HemelBesem, Yoma, die Hooflig, Broederbond (Breimasjien & Jah Logo), Jodas, Frazer Barry (Tribal Echo), Oxijin, Churchil Naude, Stef Bos (NL), Lee-Ursus Alexander, Roots Rising (NL), NESS (NL)
Akteurs/Actors
Genre of event Hip-hop,Rymklets, Gesproke woord, Elektroniese musiek, Videokuns, Uitvoerende kuns, Dokumentêr
Genre/Genre
Event language Afrikaans, Nederlands
Taal/Language
Event music BrotherTill
Musiek/Music
BrotherTill
Regie/Direction
+- 60 min
Tydsduur/Duration

Platfontein Drukprojek

Minikatalogus met afdrukke

Platfontein is die tuiste van die !Xun- en Khwe-mense, eerste-nasies-inwoners van Suider-Afrika. Vrystaat Kuns en Gesondheid (VSKG) het ‘n drukprojek vir die jeug inisieer in vennootskap met die William Humphreys Kunsgalery en die Isibindi Jeugsentrum. Gedurende die projek het jong kunstenaars in gesprek getree met die ouer en bejaarde inwoners. Hulle het van die stories wat al vir generasies oorgedra is in die oratoriese tradisie van die !Xun en Khwe, met die jongelinge gedeel. Die projek het jong kunstenaars toegelaat om as agente tussen die generasies in hul gemeenskap op te tree op ’n manier wat hul ryk kulturele erfenis gestand doen. Die kunswerke het die produk geword van ’n gemeenskapskuns- en kulturele-ontwikkelingsproses wat gemeenskapstrots en kulturele bemiddeling onder die deelnemende kunstenaars laat posvat het. Vir die jeug hier moet tradisionele folklore meeding met meesternarratiewe wat vreemd aan hulle is. Vir baie van die jong projekdeelnemers was dit die eerste keer dat hulle die stories wat hierdie kunswerke oordra, gehoor het. Nou is die tradisionele stories van die !Xun en Khwe eerste nasies visueel in hierdie portfolio saamgevat.

Jong kunstenaars van Platfontein het die drukwerke gemaak as deel van die generasie-kohesieprojek wat die oordrag van kulturele narratiewe van die ouer na die jonger generasies fasiliteer. In die laaste kwartaal van 2019 het die Platfontein Drukprojek ’n gans nuwe versameling werke opgelewer met die ondersteuning van ons vennote op die grond en met bykomende hulp van die Nasionale Erfenisraad. As gevolg van die beperkinge van die pandemie is ons interaktiewe gemeenskapskunsuitstalling in 2020 gekanselleer en is ’n virtuele kunsgalery geskep wat deel van die wêreldbekende Ars Electronica-fees geword het. Die werk, getiteld Ons Kom Vanaf Ons Stories, is ’n driedimensionele virtuele ruimte in die Mozilla Hub en was die produk van die !Xun en Khwe eerste nasies se gemeenskapskuns- en kulturele-ontwikkelingsproses. Hierdie projek het deelnemende kunstenaars gehelp om gemeenskapstrots en kulturele eienaarskap vir hulself toe te eien. Vir baie van die deelnemers aan die projek was dit die eerste keer dat hulle blootgestel is aan die stories wat hierdie kunswerke oordra. In 2021 gaan VSKG ’n minikatalogus publiseer van al die drukwerke en sommige van die stories wat vasgevang is in die drukwerke.

Oliewenhuis

Tentoonstellings by Oliewenhuis-kunsmuseum gedurende die Vrystaat Kunstefees 

Museumtye: Ma – Vr: 09:00 – 17:00; Sa – So: 09:00 – 16:00 (afhangend van vlak van inperking / depending on lockdown level)

Hoofgebou

New Breed Art Kunskompetisie 

Opening: Dinsdag, 5 Oktober18:00
Kay Fourie. Scrapyard (2019). Houtskool op Academia.
Bongani Tshabalala. Deeper into the Soul (2019). Foto.

Datum: 5 Oktober – 14 November 2021 

Plek: Hoofgebou, Oliewenhuis-kunsmuseum

Phatshoane Henney Prokureurs, in samewerking met Oliewenhuis-kunsmuseum, die Art Bank of South Africa en die Free State Art Collective, nooi jaarliks opkomende kunstenaars van die Vrystaat om in te skryf vir die New Breed Art Kunskompetisie met die doel om hierdie kunstenaars aan te moedig om na vore te tree en moontlik as ‘n “new breed”-kunstenaar ontdek te word. Die uitstalling van die finaliste se werke sal vanaf Dinsdag 5 Oktober 2021 vertoon word.

U word ook uitgenooi om vir u gunsteling-kunstenaars te stem om hierdie jaar se Public Choice Award te wen, deur middel van die kompetisie se amptelike webtuiste, www.newbreedart.co.za.

Reservoir

Āvāhana – Invocation

ʼn solo-uitstalling deur Amita Makan

Kurator: Dr. Bongani Mkhonza

Opening: Dinsdag, 5 Oktober 2021, 19:00

Āvāhana-Invocation is ʼn reisende solo-uitstalling deur Suid-Afrikaans-gebore kunstenaar, Amita Makan. Makan se lapkonstruksies met borduurwerk en collage geniet internasionaal erkenning. Sy besiel haar werk met identiteit, herinnering en geskiedenis deur van eertydse sari’s gebruik te maak en voel intuïtief die kontemporêre aan deur gevonde materiale te integreer – die detritus van plastiek wat ons omgewing vervuil en ons uitdrukkings van versorging besoedel.Makan begin met ʼn selfportret waaruit stralende kanale die worstelende oorlewing van die natuur, waarvan ons so afhanklik is, verken. Op hierdie wyse beklemtoon Makan haar rol binne ʼn toenemend ernstige kulturele reaksie op kapitalisties-gedrewe omgewingschaos – hier neem dit die vorm van ʼn gebed aan om die balans en harmonie van ʼn gebroke aarde te restoureer. In ʼn opstel wat die uitstalling vergesel, skryf kunshistorikus Hélène Tissières: “Om die natuur as kuns weer te gee bevraagteken die … oorheersing van die natuur wat stelselmatig lei tot die verdwyning van duisende spesies, die onderbreking van die voedselketting, die ontwrigting van die regulering van die ekosisteem.”

Amita Makan. Snow Protea I (2017). Borduurwerk met metaal-, nylon- en poliëstergaring, sintetiese linte, krale, Swarovski-kristalle, eertydse sari’s en sequins op tulle, 130 x 92 x 6cm.
Amita Makan. Vasant III (2017). Borduurwerk met satyn en viskose garing, hergebruikte plastiekverpakking op sy organza, 83 x 120 x 3cm.
Amita Makan. Ubuntu Baobab I (2019). Borduurwerk met eertydse saris, sequins, kralewerk met metaal en viskosegaring op sy organza, 270 x 114cm.

Hoe klink ONS

’n Poëtiese, beeldryke en simfoniese gesprek tussen vier kunstenaars en twee stede: Kaapstad en Zwolle.

Oktober 2020 – tydens die Corona-krisis – werk die Nederlandse kunstenaarsduo, BotherTill en filmmaker Jonathan Sipkema, saam met die Suid-Afrikaanse woordkunstenaar Jitsvinger en filmmaker Lindsey Appolis aan ’n unieke projek. In hierdie filmprojek gaan soek hulle nuwe maniere om mekaar via digitale kanale te leer ken. Hulle het gewerk vanuit die vertrekpunt: Luister is kyk, en kyk is luister. “Hoe klink stromende water vir jou? Watter lied sing die voëls in die aand? Watter geluid sit onder jou vel?” In hierdie 72-uur-lange filmprojek leer vier kunstenaars mekaar ken deur die klanke van hul huise te verwoord en die poësie van die stad uit te beeld.

Die filmprojek val binne die internasionale samewerkingsprojek ONS Perspektief.

Place of event
Debuut
Place of event
Datum en tyd/Date and time
Event actors Peter van Til – BrotherTill, Jitsvinger (Quintin Goliath)
Akteurs/Actors
Municipality Zwolle (NL), BrotherTill Foundation
Beskermheer/Sponsor
Event language Afrikaans – Nederlands
Taal/Language
Event music Mathijs van Til
Musiek/Music
Event country Peter van Til – BrotherTill, Jitsvinger (Quintin Goliath)
Teks/Script
Event country Video: Jonathan Sipkema, Lindsey Appolis Audio Post production: Tonny Nobel Color Grading: Wieger Steenhuis
Fotografie/Photography
09 min
Tydsduur/Duration

Gif / Poison / Ityhefu

Die storie is eenvoudig, die gevolge nie. Ná jare ontmoet ’n man en vrou mekaar weer by hul kind se graf, maar hulle is ander mense – hy het aanbeweeg, sy nie. Hulle het ’n kind verloor, toe hulleself, toe mekaar. Hoe nou?  Hierdie vertoning is opgeneem tydens die 2017 Vrystaat Kunstefees. 

Place of event
Datum en tyd/Date and time
Event actors Atandwa Kani, Tinarie Van Wyk Loots
Akteurs/Actors
Genre of event Drama
Genre/Genre
NATi, Vrystaat Kunstefees, De Koningkrijk der Nederlande
Beskermheer/Sponsor
Event language Afr, Eng, isiXhosa
Taal/Language
Event music Mahlodi Kenny Rakotsoane
Musiek/Music
Event design Guy de Lancey, Michael Garbett
Ontwerp/Design
Event singers Mahlodi Kenny Rakotsoane
Sangers/Singers
Event country Lot Vekemans
Teks/Script
Erwin Maas
Regie/Direction
Event country Willem Anker
Vertaling/Translation
90 min
Tydsduur/Duration

Pauline Gutter & Jacques Fuller

Die Vrystaatse kunstenaars Pauline Gutter en Jacques Fuller span hul kragte en talente saam vir ’n visuele kunsuitstalling by die Monte Bello-landgoed op 15 en 16 Oktober 2021. Gutter en Fuller, wat saam meer as sestig jaar se ondervinding as visuele kunstenaars het, stal twee dae lank ’n versameling van hul onlangse werk by dié skilderagtige en moderne landgoed uit, waar kykers hulle kan regmaak vir ’n viering van tegniese uitnemendheid in skilderkuns, geelkoperbeeldhouwerk, houtskooltekenwerk en litografie. 

Pauline Gutter se werk fokus op kwessies van mag en grond, en die onstabiliteit en wisselvalligheid van die landbousektor. Kykers word weggevoer na ’n skynwerklikheid wat hulle uitdaag om die konflik tussen grond en masjinerie en tussen die mens en tegnologie te ondersoek, dikwels met die bul as metafoor vir ’n menslike geldeenheid, vir krag en vir die oordrag van die landskap se inherente energie. Hierdie uitstalling is Pauline se eerste in die Vrystaat sedert haar solo-uitstalling, Purgatorium, in 2016.

Jacques Fuller se werk handhaaf ’n fyn balans tussen satire en kommentaar oor kontemporêre politieke kwessies. Jacques gebruik die buitengewoon moeilike medium van getemperde geelkoperbeeldhouwerk om die kyker in te lok, en sy besondere beeldhouwerke blaas lewe in die kragtige kontras tussen erns en tong-in-die-kies humor. Met hierdie uitstalling demonstreer Jacques vier dekades se ondervinding in die smee van geelkoperbeeldhouwerk, en stel hy sy ongelooflike beheer van ’n onversetlike medium – metaal – ten toon.

Die samekoms van dié twee kunstenaars in een spasie is ’n sonderlinge eer in die Vrystaat – sluit by hulle aan vir twee dae van kreatiewe toordery in hierdie voortreflike ruimte.

Die geleentheid vind by die Monte Bello-landgoed plaas op 15 Oktober van 18:00 tot 22:00 en weer op 16 Oktober 2021 van 10:00 tot 22:00.

Om jou bywoning te bevestig, kontak asseblief Monte Bello se geleentheidskoördineerder, Jeanne-Mari van den Berg, by jeannemari@montebelloestate.co.za.

Die uil in die ysbos

Gracie-Jane Coetzee se eerste kleinkind gee kort voordat die president die eerste inperking aankondig sy eerste asemteug. Dié twee-en-vyftigjarige skrywer en illustreerder is nie juis ’n konvensionele ouma nie. Sy verkies die geselskap van Sad Sack, haar getroue ou Bassethond, bo enige ander verhouding in haar lewe. Saans wanneer die PTSV haar tussen die mure van haar huis rondjaag, dokter sy graag die obsessiewe simptome met ’n paar glasies wyn. Gracie wil graag deel wees van haar kleinseun se lewe, maar eers moet sy die gebroke vertrouensband met haar seun, JJ, herstel.

Place of event
Debuut
Place of event 27 Okt 17:30  
Datum en tyd/Date and time
Event language Afrikaans
Taal/Language
Event presenter Madré Marais
Aanbieder/Presenter
Susan Coetzer
Besprekingspaneel/Discussion panel
60 min
Tydsduur/Duration

Future tense

Met unieke toegang tot en skerpsinnige insigte, skets Tony Leon ’n beeld van die huidige Suid-Afrika en die te wagte toekoms, gebaseer op sy breë politieke betrokkenheid by sleutelrolspelers. Sy intieme beskouing van Suid-Afrikaanse presidente en hul geskiedenis-makende bydraes, besin oor ’n land en planeet in omwenteling. Leon bied ook ‘n blik op die magstryde binne die amptelike opposisieparty, wat in 2019 die vertrek van sy eerste swart leier gesien het. Daar is alle rede om bekommerd te wees oor die toekoms van Suid-Afrika, maar Leon bepleit hoop.

Place of event
Debuut
Place of event 17 Nov 17:30  
Datum en tyd/Date and time
Event language Engels
Taal/Language
Event presenter Gert Coetzee
Aanbieder/Presenter
Tony Leon
Besprekingspaneel/Discussion panel
60 min
Tydsduur/Duration

Diep spoor

In die stormagtige jare voor en tydens die Groot Trek raak drie vroue se lewe vervleg in ’n stryd om voortbestaan. Katrien en haar man, Stefaans, wou ’n lewe op die Oosgrens maak, maar na teëspoed hulle tref, trek hulle na die binneland. Dina, ’n slavin, trek saam, haar liefde vir Stefaans ’n geheim wat sy ten alle koste bewaak. Thabisa is ook deel van Katrien se kring. Wanneer Stefaans by Piet Retief se noodlottige afvaardiging aansluit, onthou sy opnuut die onreg wat Shaka haar familie aangedoen het. 

Place of event
Debuut
Place of event 24 Nov 17:30  
Datum en tyd/Date and time
Event language Afrikaans
Taal/Language
Event presenter Leana Lategan
Aanbieder/Presenter
Jeanette Stals
Besprekingspaneel/Discussion panel
60 min
Tydsduur/Duration

Hans bars die bioborrel

Dis 2020, en Huis Madeliefie betree die grendeltyd, gewapen met kilogramme seep. Vasie weet nie hoe hy gaan oorleef sonder ’n sopie nie, Skoorsteen Pelser is diep beswaard oor die tabakverbod, en die beheerraad se summiere inperking, wat sommer nog voor Vlak 5 ’n aanvang neem, en sy drakoniese reëls stuit Hans lynreg teen die bors. Maar wat, Hans en sy trawante is mos óú vryheidstryders. Hulle gaan oor tot lydelike verset in die vorm van pynappelbier en reddingsbesoeke aan Covid-siekes.

Place of event
Debuut
Place of event 1 Des 17:30  
Datum en tyd/Date and time
Event language Afrikaans
Taal/Language
Event presenter Wyno Simes
Aanbieder/Presenter
Rudie van Rensburg
Besprekingspaneel/Discussion panel
60 min
Tydsduur/Duration

Interface Exhibition

Kurator: Miné Kleynhans en Teboho Mokhothu 

Datum: Virtuele uitstalling opening 4 Oktober 2021 

“ver van ‘n deursigtige venster in die data binne ‘n rekenaar, bring die koppelvlak sterk boodskappe van sy eie daarmee saam. watter soort?”

Virtuele kunswerke en aanlyn kunsbesigtiging is al vir ʼn geruime tyd algemeen, tog het die situasie rondom Covid-19 ʼn geëskaleerde migrasie na die virtuele ruimte genoodsaak. Ons ervaar kuns deur galery-webtuistes, virtuele uitstallings, aanlynkunsskoue en sosiale media. Die uitstalling Interface bied ʼn seleksie van kunstenaars wat worstel met die konsep van “interfacing” as ʼn ontmoetingspunt tussen tegnologie en verbruiker, kuns en gehore – of stellig, in sommige denke, die afwesigheid van “ontmoeting”. 

Die uitstalling sal op ‘n toegewyde webdomein vertoon word, gevolg deur ʼn fisieke uitstalling in 2022 en sal die uitruil en teenstrydigheid tussen hierdie ruimtes wat “inter” is, ondersoek. 

Allen Laing. Cellphone Holder (2020). Koorsboom en Kiaathout.
Lesego Motsiri. Roses of the City (2021). Digitale kunswerk / afdruk op Albond-metaal.
Lyrene Kuhn Botma. Quick Response (2021). Digitale skets met skandeerbare QR-kode op foto-flenters.

LAND/MINE: AANDADIGE GEOGRAFIE

Jeannette Unite. MINING THE ARTIST’S PAINTBOX (1992 – verder). Segment van verpersoonlikte periodieke tabel met elemente versamel tydens die kunstenaar se reise.

Sedert haar verblyf in die 1990’s op die alluviale diamantmyne aan Afrika se weskus, fokus Jeannette Unite op Afrika se omstrede mineraalgeskiedenis en die wyse waarop die mens die aarde uitbuit. Haar artistieke, argivaliese navorsing en navorsing op voetsoolvlak spreek die vraag aan waarom die aarde van belang is, asook die verhouding wat die mens met minerale en die aarde histories het. Die resultaat hiervan is ʼn hoogs persoonlike liggaam van werk waaruit haar staafkode, geo-naatmineraalskilderye as ʼn omstrede ertsaar in die LAND/MINE-uitstalling geïnstalleer sal word.Die materiële eienskappe van haar werke is self buitengewoon: die kunstenaar herwin detritus-oorskiet van industriëleterreine en gebruik dit as die kleur en pigment in haar tekeninge en skilderye. Sy werk ook saam met geo-chemici, verf-chemici en keramiekkunstenaars om haar eie verf- en pastelresepte te ontwikkel. Haar palet, georganiseer in ‘n unieke periodieke tabel, bestaan uit flesse gevul met ontginde materie; beide die kosbare erts wat in die industrie gebruik word en dié in slykdamme en mynhope wat sy op haar reise na afgeleë ontginningsgebiede in 32 lande versamel het. Unite se direkte gebruik van ontginde materiaal onderskryf haar navorsingsgebaseerde kunspraktyk wat talm op die voortgesette rol van die mynwese in die (her)produsering van koloniale magsverhoudings.

Datum: 12 Oktober – 12 November 2021 

Plek: Johannes Stegmann Kunsgalery, UFS

Weens Covid-19 is toegang tot die Bloemfontein kampus beperk tot permithouers.

Tyd: 9:00 – 16:00 

Virtuele uitstalling

Vreesfees saam met Nic en CW

Wat is die verskil tussen riller- en gruwelfilms? As jy hierdie vraag al gevra het, of selfs net wil weet waarom dié genre films so populêr is, is Vreesfees die program vir jou. ‘n Gemaklike kletsprogram wat indiepte kyk na die genre van riller en gruwel en hoe hierdie fliektipe deesdae besig is om in teaters vlam te vat. In ses 10-minute-lange episodes neem twee ervare akteurs en kunstenaars met jarelange ervaring in gruwelteater jou op ’n ontdekkingsreis na die wêreld van die makabere.

Place of event 26 Okt 20:00  
Datum en tyd/Date and time
Genre of event Kletsprogram, Gruwel, Riller
Genre/Genre
Event sponsor
13
Ouderdomsbeperking/Age restriction
Event language Afrikaans
Taal/Language
Event presenter CW Laten, Nic Beukes
Aanbieder/Presenter
Event country CW Laten, Nic Beukes
Teks/Script
CW Laten, Nic Beukes
Regie/Direction
CW Laten, Nic Beukes
Verhoogbestuur/Stage Manager
R10 per episode
Toegangsfooi/Admission fee
10-min episodes (60 min Totaal)
Tydsduur/Duration

Elzabé hou konsert

Elzabé Zietsman hou ’n kuierkonsert met kuns van die bekende Vrystaat kunstenaars Pauline Gutter en Jacques Fuller as ʼn bonus. Dié dubbeldoor kunservaring vind plaas op die Monte Bello-landgoed net buite Bloemfontein. Kom kuier, kabaret en kyk kuns, alles in een.

Place of event 16 Okt 18:00  
Datum en tyd/Date and time
Genre of event Kabaret, Kuierkonsert
Genre/Genre
Event language Afrikaans, Engels
Taal/Language
Event coordinator Elzabé Zietsman
Koördineerder/Coordinator
Event singers Elzabé Zietsman
Sangers/Singers
R200
Toegangsfooi/Admission fee

Spanish Fire

Vyfster, Volare, Bambaleo, Hotel California en vele gunstelinge is op die spyskaart! Moenie die vinnigste kitaarduo op aarde (soos Jakaranda fm bevestig het) in hierdie wêreldklasvertoning misloop nie. Met vele internasionale toekennings agter hul naam, is CH2 iets om te beleef. Met hande so vinnig dat dit net ʼn wasigheid vir die oog is en musikaliteit wat harte laat smelt, word hulle vergesel deur die Montoya Spaanse Dansers in hierdie epiese vertoning.

Place of event 22 Okt 18:00  
Datum en tyd/Date and time
Event actors Corneille Hutten en Christiaan Jacobsz as CH2
Akteurs/Actors
Genre of event Musiek, Dans
Genre/Genre
CH2, Audio Monster Studio
Beskermheer/Sponsor
Event language Afrikaans, Engels
Taal/Language
Event coordinator Corneille Hutten
Koördineerder/Coordinator
Event music Corneille Hutten, Christiaan Jacobsz
Musiek/Music
Event design Maria-Lorca, Helena Montoya
Ontwerp/Design
Corneille Hutten
Regie/Direction
R120
Toegangsfooi/Admission fee
70 min
Tydsduur/Duration
Montoya Spaanse Dansers, Maria-Lorca, Helena Montoya (Choreograwe)
Dansers/Dancers

INMATES

Antropologiestudent, Sebabatso, kry ’n kultuurskok wanneer sy ’n werkstuk oor die LGBTQIA+ gemeenskap moet doen. Terwyl sy daaraan werk, maak sy vriende in dié gemeenskap op kampus en raak sy betrokke by kampuspolitiek. Wanneer sy aan ’n protesaksie teen die optrede van die studentedekaan deelneem, ontdek sy dat daar individue is wat aan beide die LGBTQIA+ en die gestremde gemeenskappe behoort.

Place of event
Debuut
Place of event 24 Okt 18:00  
Datum en tyd/Date and time
Event actors Molebogeng Sekoena, Nthabiseng Mafata, Moleboheng Morakabi en Mamorena Leeuw
Akteurs/Actors
Genre of event Opvoedkundige teater
Genre/Genre
Event sponsor
PG13M
Ouderdomsbeperking/Age restriction
Event language English, Sesotho en Afrikaans
Taal/Language
Event coordinator Moleboheng Morakabi
Koördineerder/Coordinator
Event country Lindiwe Bakaqa
Teks/Script
Lindiwe Bakaqa
Regie/Direction
Lucia Zachia
Verhoogbestuur/Stage Manager
R80
Toegangsfooi/Admission fee
60 min
Tydsduur/Duration
Choreograaf: Sifiso Mhlambi
Dansers/Dancers

Porselynnkas Dokiementêr

Lank voor Jack Parrow en Fokofpolisiekar, was Porselynnkas ‘n meer poëtiese of teatrale weergawe van die Voëlvry beweging. Porselynnkas is verban deur plaaslike radiostasies en die kerk het hulle gehaat. Ten spyte van al die teenstand, het die groep steeds 34 poetry happenings gedoen, 21 digbundels die lig laat sien, musiek opgevoer, ‘n radio-drama uitgesaai en anargie in die teater tussen 1996 en 1999 gesaai. Die teaterwêreld het middel 1990’s ‘n swartskaap nodig gehad en dit in Porselynnkas gevind, een van die eerste performance poetry groepe in die land.

Place of event
Debuut
Place of event 23 Okt 18:00  
Datum en tyd/Date and time
Event actors Toast Coetzer, Gert Vlok Nel, Asha Zero, Deborah Steinmair, Matthew Kalil, Sjaka S Septembir, en ander
Akteurs/Actors
Genre of event Dokumentêr, Avant garde, Komedie
Genre/Genre
Event sponsor
2-16, L, N, D
Ouderdomsbeperking/Age restriction
Event language Afrikaans met Engelse onderskrifte
Taal/Language
Matthew Kalil
Regie/Direction
R50
Toegangsfooi/Admission fee
52 min
Tydsduur/Duration

The Intervention

Charlotte het onlangs na Hong Kong verhuis om ʼn nuwe begin te maak. Ná sy ʼn jaar lank by ʼn skool gewerk het, en met die druk van Covid-19, begin haar leefstyl as partytjiedier sy tol eis. Haar kollegas van die werk beplan, met die hulp van guru Josh Zhen, ʼn ingryping in haar lewe – via ʼn zoom oproep.

Place of event 25 Okt 18:00  
Datum en tyd/Date and time
Event actors Chloe Grimmett, Sarah Wun, Shafin Azim, Amy Percival, Eugene Hsiang
Akteurs/Actors
Genre of event Komedie drama
Genre/Genre
Event sponsor
PG, L, M
Ouderdomsbeperking/Age restriction
Event language Engels
Taal/Language
Event country Davina Carrete, Chloe Grimmett, Sarah Wun, Shafin Azim, Amy Percival, Eugene Hsiang
Teks/Script
Davina Carrete
Regie/Direction
R40
Toegangsfooi/Admission fee
70 min
Tydsduur/Duration

Viva Dada!

“Dis tog eenvoudig? Ons gaan ‘n boek soek wat verdwyn het.” Wat begin het as ‘n eenvoudige uitdaging ontketen ‘n worsteling met depressie, selfmoord en ook met daai monster “kreatiwiteit”. Tien jaar na die bekendstelling van die Porselynnkas dokumentêr, besluit skrywer Sjaka Septembir en filmmaker Matthew Kalil om dit te vier met die maak van ‘n nuwe dokumentêr. Dié keer is die doel om die punkroman wat Sjaka in die 90’s geskryf het en waarvan net driehonderd kopieë gedruk is, op te spoor. Die soektog neem beide van hulle terug na dele van hul eie geskiedenis wat hulle moontlik liewers sou wou vergeet het.

Place of event
Debuut
Place of event 26 Nov 18:00  
Datum en tyd/Date and time
Event actors Toast Coetzer, Matthew Kalil, Sjaka S Septembir, en ander
Akteurs/Actors
Genre of event Dokumentêr, Avant garde, Komedie
Genre/Genre
Event sponsor
2-16, L, D
Ouderdomsbeperking/Age restriction
Event language Afrikaans en Engels met byskrifte
Taal/Language
Matthew Kalil
Regie/Direction
R50
Toegangsfooi/Admission fee
52 min
Tydsduur/Duration

Sehlabelo

ʼn Koningin wat desperaat is om haar huwelik te red, word in die proses deur die duiwel verlei om met hom te dans. Terwyl sy in niemandsland vasgevang is, wend sy wanhopig pogings aan om vrede te vind vir haar en haar dogter, wat die prys betaal. Hierdie vertoning is ʼn beeldskone, visueel-stimulerende werk deur sewe van die beste Vrystaatse kunstenaars, elkeen met ʼn unieke talent.

Place of event
Debuut
Place of event 15 Okt 18:00  
Datum en tyd/Date and time
Event actors Jane Mpholo, Mannini Nkata, Amanda Khumalo, John Paka, Boitumelo Mohutsioa, Nonkosi Sokoyi, Boitumelo Mkhondo
Akteurs/Actors
Genre of event Teater, Drama, Musiekteater, Tragedie
Genre/Genre
Die Nasionale Kunsteraad (NAC), PACOFS
Beskermheer/Sponsor
Event sponsor
13, PG, M
Ouderdomsbeperking/Age restriction
Event coordinator Jane Mpholo
Koördineerder/Coordinator
Event wardrobe Mark Dobson
Klerasie/Wardrobe
Event music Ensemble
Musiek/Music
Event country Jane Mpholo
Teks/Script
Event country Hayley Joseph
Fotografie/Photography
Moses Lechuti
Regie/Direction
Mark Dobson
Stel/Set
Beauty Mlokoti, Keneilwe Jaase
Verhoogbestuur/Stage Manager
R50
Toegangsfooi/Admission fee
33 min
Tydsduur/Duration
Mark Dobson
Beligting/Lighting
Choreograaf: Lebohang Moroe
Dansers/Dancers

Hoe klink ONS

’n Poëtiese, beeldryke en simfoniese gesprek tussen vier kunstenaars en twee stede: Kaapstad en Zwolle.

Oktober 2020 – tydens die Corona-krisis – werk die Nederlandse kunstenaarsduo, BotherTill en filmmaker Jonathan Sipkema, saam met die Suid-Afrikaanse woordkunstenaar Jitsvinger en filmmaker Lindsey Appolis aan ’n unieke projek. In hierdie filmprojek gaan soek hulle nuwe maniere om mekaar via digitale kanale te leer ken. Hulle het gewerk vanuit die vertrekpunt: Luister is kyk, en kyk is luister. “Hoe klink stromende water vir jou? Watter lied sing die voëls in die aand? Watter geluid sit onder jou vel?” In hierdie 72-uur-lange filmprojek leer vier kunstenaars mekaar ken deur die klanke van hul huise te verwoord en die poësie van die stad uit te beeld.

Die filmprojek val binne die internasionale samewerkingsprojek ONS Perspektief.

Place of event
Debuut
Place of event 22 Okt 14:00  
Datum en tyd/Date and time
Event actors Peter van Til – BrotherTill, Jitsvinger (Quintin Goliath)
Akteurs/Actors
Municipality Zwolle (NL), BrotherTill Foundation
Beskermheer/Sponsor
Event language Afrikaans – Nederlands
Taal/Language
Event music Mathijs van Til
Musiek/Music
Event design Tonny Nobel (Audio Post production); Wieger Steenhuis (Color Grading)
Ontwerp/Design
Event sound Audio Post Production: Tonny Nobel
Klank/Sound
Event country Peter van Til – BrotherTill, Jitsvinger (Quintin Goliath)
Teks/Script
Event country Video: Jonathan Sipkema , Lindsey Appolis
Fotografie/Photography
R60
Toegangsfooi/Admission fee
09 min
Tydsduur/Duration

EX HUMAN

Geskep deur Louise Westerhout en Roxanne de Freitas

@louisewesterhout @roxannedefreitas_

In ʼn post-humanistiese landskap poog twee femmes, wat die Patriargale Apokalips oorleef het, om die kuur te vind vir geslagsgebaseerde geweld. Hul eksperimentele navorsingsmetodologie neem ons tot by die rant van bekende wetenskaplike paradigmas. Sal hul werk ʼn toekoms kan verseker waarin ons immuun teen geweld is? Of sal hulle gesaboteer word deur die hoogs-aansteeklike bedreiging, PTSV?

Waarskuwing: beskrywings van seksuele aanranding. Geen traumaporno nie …

Hi.
Ons is twee vroue wat seksuele aanranding oorleef het. Ons groet jou hartlik vanuit die interwebs. Dit is ons verhaal van oorlewing. Dit is ook ‘n verhaal vir die wat oorleef. Ons nooi jou uit om soveel tyd en spasie in te neem as wat jy hier nodig het.
As jy ook geïnspireer en gereed is om u anonieme verhaal te deel, het ons ‘n Instagram -bladsy spesiaal vir jou opgestel: @sexualassaultartssa

Place of event 16 Okt 18:00  
Datum en tyd/Date and time
Event actors Louise Westerhout, Roxanne de Freitas
Akteurs/Actors
Genre of event Spekulerende fiksie kortfilm, Aktivisties, Kreatiewe dokumentêr
Genre/Genre
The Live Art Arcade, Nasionale Kunsteraad (NAC)
Beskermheer/Sponsor
Event sponsor
18, M. Snellerwaarskuwing: besprekings oor geslagsgebaseerde geweld en seksuele mishandeling
Ouderdomsbeperking/Age restriction
Event language Engels
Taal/Language
Event design Roxanne de Freitas (Videoredigering)
Ontwerp/Design
Event sound Roxanne de Freitas
Klank/Sound
Event country Louise Westerhout, Roxanne de Freitas
Teks/Script
Louise Westerhout, Roxanne de Freitas
Regie/Direction
R80
Toegangsfooi/Admission fee
24 min
Tydsduur/Duration

Cleanse

ʼn Visueel-aangrypende ontdekkingstog oor die verhouding tussen ‘n vrou en die element water. Haar liefde-haat verhouding met die element word verken soos haar reis ontvou. Met bekroonde regisseur Patrick T. Peni (tans die redigeerder by Ferguson Films) aan die stuur, maak hierdie projek gebruik van die gesproke woord, visuele elemente, klank en beeldspraak. Dit sal die gehoorlede sprakeloos laat.

Place of event
Debuut
Place of event 20 Okt 18:00  
Datum en tyd/Date and time
Event actors Jane Mpholo, Ondersteunende akteur
Akteurs/Actors
Genre of event Drama
Genre/Genre
PENM Productions, The Mehlaoes, Linah Mpholo, Selloane Keketsi, Keabetswe Motlhale, Keneilwe Jaase, J.J. Dirks-Korkee, Faheeza Rangunwala, Werner Shiraz Morris
Beskermheer/Sponsor
Event sponsor
13, PG, L,M
Ouderdomsbeperking/Age restriction
Event coordinator Jane Mpholo
Koördineerder/Coordinator
Event country Jane Mpholo
Teks/Script
Patrick T. Peni
Regie/Direction
Faheeza Rangunwala
Stel/Set
Keabetswe Motlhale
Verhoogbestuur/Stage Manager
R20
Toegangsfooi/Admission fee
5 min
Tydsduur/Duration

Blomme vir Jupiter

Valie, die nors nar, is moeg daarvoor om alleen deur die lewe te gaan. Eensaamheid is nou al byna sy tweede naam. Op ’n dag besluit hy om ’n bus te neem na Die Einde van die Aarde, maar die Noodlot het ‘n ander plan om hom van sy eensaamheid te genees. Hy ontmoet vir Mollie, die joviale nar, en saam ontdek hulle die onmoontlike — Jupiter het op die aarde neergeval!

Place of event 14 Okt 9:00  
Datum en tyd/Date and time
Event actors Andrico Goosen, Liese Kuhn
Akteurs/Actors
Genre of event Teater vir jong gehore, Hansworsery
Genre/Genre
Die Nasionale Kunsteraad (NAC)
Beskermheer/Sponsor
Event language Engels, Afrikaans
Taal/Language
Event coordinator Andrico Goosen, Liese Kuhn
Koördineerder/Coordinator
Event music Oorspronklike musiek deur Naledi Majola
Musiek/Music
Event country Andrico Goosen, Liese Kuhn
Teks/Script
Sjaka S. Septembir
Regie/Direction
Andrico Goosen
Stel/Set
Frikken Films
Vervaardiger/Production House
R30
Toegangsfooi/Admission fee
18 min 09 s
Tydsduur/Duration

Barulho D’água (Noise in the Water)

Barulho D’água (Noise in the Water) vertel die tragiese verhaal van duisende vlugtelinge wat meetsal in die Mediterreense See omgekom het nie: Die oorlewendes is net ‘n handjievol, soos die skaam Tunisiese immigrant wat nie oogkontak kan maak wanneer sy die drama rondom haar en ander se oorlewingstryd in die stormagtige see weergee nie. Die skrywer bly getrou aan dit wat hy gehoor en gesien het in die dorpie Mazara del Vallo aan die voet van San Vito Onlus, ’n Italiaanse kusdorpie wat reik na die Afrika-kus.

Place of event
Debuut
Place of event 19 Okt 18:00  
Datum en tyd/Date and time
Event actors Alexandre Rodrigues, Fábio Mráz, Vençam Guigui, Rosa Freitas
Akteurs/Actors
Genre of event Dokumentêr, Multimedia stuk
Genre/Genre
Event sponsor
M
Ouderdomsbeperking/Age restriction
Event language Portugees met onderskrifte in Engels
Taal/Language
Event music Wilson Sukorski
Musiek/Music
Event design Alexandre Ferraz (Video)
Ontwerp/Design
Event sound Felipe Moraes
Klank/Sound
Event country Marco Martinelli
Teks/Script
Carina Casuscelli
Regie/Direction
Event country Carina Casuscelli
Vertaling/Translation
Teo Ponciano (Video)
Verhoogbestuur/Stage Manager
Lenerson Polonini
Vervaardiger/Production House
R80
Toegangsfooi/Admission fee
60 min
Tydsduur/Duration
Veronica Castro
Beligting/Lighting

BETEWU

BETEWU is reflektiewe teaterwerk wat volg op deeglike navorsing oor die gevolge van Covid-19. Dit ondersoek kunssinnige mans se geestesgesondheid: Wat doen mans wat skryf, regisseer en toneelspeel wanneer hulle nie op die verhoog is nie? “Monna ke Nku ha lle” is oeroue wysheid. Dit moedig mans aan om te huil, maar in die gemeenskap se oë is dit nie manlik nie, “ha re tlo lla le basadi”. Wanneer mans nie meer in die middel van die kraal uiting kan gee aan hul frustrasie nie, raak hulle verward en kry die oeroue gesegde weer betekenis: “Qcina ndoda … monna ha lle o nka qeto. Ho lla ha ho thuse.”

Place of event
Debuut
Place of event 27 Okt 18:00  
Datum en tyd/Date and time
Event actors Lungelo Mthembu, Thando Nonkelela
Akteurs/Actors
Genre of event Teater
Genre/Genre
Soweto Teater
Beskermheer/Sponsor
Event sponsor
14, M
Ouderdomsbeperking/Age restriction
Event language Engels, Sotho, Tsonga
Taal/Language
Event coordinator Jane Mpholo
Koördineerder/Coordinator
Event wardrobe Lebohang Moroe
Klerasie/Wardrobe
Event music Thando Nonkelela
Musiek/Music
Event country Lebohang Moroe
Teks/Script
Lebohang Moroe
Regie/Direction
Lebohang Moroe
Stel/Set
Katlego Majorobela, Khauhelo Maikhi
Verhoogbestuur/Stage Manager
Onalerona Productions
Vervaardiger/Production House
R45
Toegangsfooi/Admission fee
54 min
Tydsduur/Duration

Aku vang ‘n ster

ʼn Spanningsdrama wat afspeel in die onherbergsame Noord-Kaap waarin huweliksontrou, moord en selfsug voorop staan. Aku is ʼn sonderlinge karakter en ʼn mengsel van San-Griekwa-Blank. Die maan is sy ma, die sterre sy ligte en hy ry op ʼn riethings. Hy tel ʼn sterdiamant op en gierigheid dryf die dramatiese gebeure. Paul Boekkooi sê in Beeld dit is “Aku se aardse maar poëtiese taalgebruik wat aan die karakter en die stuk sy bekoring gee. Aku plaat die edele koningstaal van die primitiewe jagter as kind van die veld teenoor die statiese kleinburgerlikheid.”

Place of event
Debuut
Place of event 18 Okt 18:00  
Datum en tyd/Date and time
Event actors Jefferson J. Dirks-Korkee, Peter Taljaard, Dion van Niekerk, Michelle Joubert, Hilletje Bashew-Muller
Akteurs/Actors
Genre of event Drama
Genre/Genre
Event sponsor
10, V
Ouderdomsbeperking/Age restriction
Event language Afrikaans
Taal/Language
Event design Brandon Hewetson
Ontwerp/Design
Event country Nico Luwes
Teks/Script
Nico Luwes
Regie/Direction
Irma Venter
Verhoogbestuur/Stage Manager
Nico Luwes
Vervaardiger/Production House
R35
Toegangsfooi/Admission fee
85 min
Tydsduur/Duration

Ruimte en plek in die letterkunde

Is ruimte en plek identiese begrippe in die letterkunde of is “plek” ‘n soort spesifieke ruimte? Is daar enige verbande tussen bepaalde vorme van skryfwerk en die ruimtes daarin? Op watter wyses kan ruimtes beskryf word in ‘n literêre werk? Wat beteken ruimte/plek vir die skrywers wat aan hierdie gesprek deelneem en wat elkeen in verskillende (sub-)genres werk: romans; kortverhale; dramas; poësie? Hoe werk die beskrywing van ruimte/plek juis in hierdie verskillende (sub-)genres?

Place of event
Debuut
Place of event 13 Okt 17:30  
Datum en tyd/Date and time
Event language Afrikaans
Taal/Language
Event presenter Hennie van Coller
Aanbieder/Presenter
Madre Marais, Nico Luwes, Francois Smith, Gilbert Gibson
Besprekingspaneel/Discussion panel
60 min
Tydsduur/Duration

Op die man af

As joernalis en nuusleser het Freek Robinson Suid-Afrika se grootste nuusgebeure van die afgelope 45 jaar eerstehands ervaar. In dié memoir deel hy dit wat hy agter die skerms beleef het. Hy vertel hoe hy vir sy lewe uit Soweto moes vlug en van geheime ontmoetings met Thabo Mbeki in Londen. Hy het selfs vir Laurika Rauch lirieke geskryf. Dié boek gee ‘n besonderse blik op die mees opspraakwekkende gebeure in die land se onlangse geskiedenis.

Place of event
Debuut
Place of event 10 Nov 17:30  
Datum en tyd/Date and time
Event language Afrikaans
Taal/Language
Event presenter Ruda Landman
Aanbieder/Presenter
Freek Robinson
Besprekingspaneel/Discussion panel
60 min
Tydsduur/Duration

Skuilname en byname in die literatuur

In die letterkunde word skuilname dikwels deur bekende skrywers gebruik. Dit hou soms verband met hul werk (Boerneef en die landelike lewe; Kleinboer en sy lappie grond in Yeoville), soms is dit blote afkortings (M.E.R. vir M.E. Rothman); soms is dit ‘n doelbewuste mistifikasie (Lodewyk G. du Plessis; Kees Konyn). Maar dit kan ook ‘n vorm van selfrepresentasie wees. Byname is iets anders: dit is name wat aan iemand gegee word en kan tiperend wees en geld meestal in letterkundige werke (Oumappie-Slagkraal; Sitman) óf dikwels ook beledigend. Naas ‘n suiwer taalkundige beskrywing gaan die deelnemers koppe bymekaar sit oor die funksie van skuil- en byname en meer vertel oor interessante voorbeelde.

Place of event
Debuut
Place of event 20 Okt 17:30  
Datum en tyd/Date and time
Event language Afrikaans
Taal/Language
Event presenter Hennie van Coller
Aanbieder/Presenter
Angelique van Niekerk, Nico Luwes
Besprekingspaneel/Discussion panel
60 min
Tydsduur/Duration

HOUSE IN PLAY (CASA EM JOGO) / Playgrounds Por Todo lado! (Everywhere)

HOUSE IN PLAY is ’n interaktiewe, aanlyn Zoom-ervaring vir kinders tussen 4 en 8 (en hul ouers) met Ieltxu Ortueta wat die gehoor aanmoedig om die huis te herontdek as ’n speelplek – ’n genotvolle, interaktiewe speeltyd vir die hele gesin. Die doel is om ’n gemeenskap van bouers, skeppers en kunstenaars uit die gehoor te vorm, oud en jonk, en speelgronde te skep waarin ontwerp, gebou en ontdek word. HOUSE IN PLAY / Playgrounds wil, ongeag ouderdom, taal en kulturele agtergrond of sosiale klas, mense leer hoe kuns, spel en kreatiwiteit ons aan mekaar kan verbind.

Place of event
Debuut
Place of event 30 Okt 15:00  13 Nov 15:00  
Datum en tyd/Date and time
Event actors Ieltxu Ortueta
Akteurs/Actors
Genre of event Teater vir jong gehore, Interaktiewe aanlyn ervaring
Genre/Genre
Artefactos Bascos & KAPILAR! Residency Hürth
Beskermheer/Sponsor
Event sponsor
Kinders (4 – 8) en hul ouers baie welkom!
Ouderdomsbeperking/Age restriction
Event language Engels
Taal/Language
Event country Ieltxu Ortueta (Artefactos Bascos), Erwin Maas (Co-created)
Teks/Script
R50
Toegangsfooi/Admission fee
60 min
Tydsduur/Duration

What’s in a Name? Dressing as my hero

Die hele skool is baie opgewonde, al die kinders kan soos hul gunsteling held aantrek. Bennie is deurmekaar. Hy wil soos sy gunsteling Mejuffrou SA-deelnemer aantrek. 

Hierdie storie gaan oor wie jy wil wees: ʼn Blom is steeds ʼn blom, al het hy ʼn ander naam. 

Place of event
Debuut
Place of event 31 Okt 18:00  
Datum en tyd/Date and time
Event actors Marco Du Plessis, Susan Boot
Akteurs/Actors
Genre of event Teater vir jong gehore
Genre/Genre
Event language Engels
Taal/Language
Event coordinator Marco Du Plessis
Koördineerder/Coordinator
Event design Susan Boot (Poppe)
Ontwerp/Design
Event country Marco Du Plessis
Teks/Script
Marco Du Plessis
Regie/Direction
Event country Susan Boot
Vertaling/Translation
Susan Boot
Stel/Set
Susan Boot
Verhoogbestuur/Stage Manager
R70
Toegangsfooi/Admission fee
20 min
Tydsduur/Duration

Drizzles het 3 Varkies!

Drizzles hervertel die storie van Die 3 Varkies. Nikkie die Slang, is die wolf. Sy is op soek na strooi vir haar strooihoed wat sy wil dra wanneer sy met vakansie gaan, en hout vir haar braaivleisvuur. Gelukkig word sy gekeer voordat sy by die steenhuis uitkom.

Place of event
Debuut
Place of event 23 Okt 9:00  
Datum en tyd/Date and time
Event actors Marco Du Plessis, Susan Boot
Akteurs/Actors
Genre of event Teater vir jong gehore
Genre/Genre
Event language Afrikaans
Taal/Language
Event coordinator Marco Du Plessis
Koördineerder/Coordinator
Event design Susan Boot (Poppe)
Ontwerp/Design
Event country Marco Du Plessis
Teks/Script
Marco Du Plessis
Regie/Direction
Event country Susan Boot
Vertaling/Translation
Susan Boot
Stel/Set
Susan Boot
Verhoogbestuur/Stage Manager
R70
Toegangsfooi/Admission fee
20 min
Tydsduur/Duration

dust to dust

Die mens is gebore uit die natuur, die mens is een met die natuur, die mens veg teen die natuur, die natuur sluk die mens in om homself te verryk. Van stof is ons gemaak, en tot stof sal ons terugkeer.

Place of event
Debuut
Place of event 5 Nov 18:00  
Datum en tyd/Date and time
Genre of event Film
Genre/Genre
Event music Dumelang Bondo
Musiek/Music
Choreografie: Sizakele Mdi
Regie/Direction
R50
Toegangsfooi/Admission fee
Simphiwe Mbekiselwa
Dansers/Dancers

NEVERLAND

NEVERLAND is ’n dansteater-film wat handel oor dissosiatiewe identiteitsteuring – ’n geestesteuring wat gekenmerk word aan minstens twee blywende identiteite. Dissosiatiewe identiteitsteuring, vroeër ’n gesplete persoonlikheid genoem, is gewoonlik ’n reaksie op trauma. In Suid-Afrika, en veral in die Swart kulture, word hierdie geestestoestand gesien as ’n vorm van toordery. Wit kulture beskou dit as ’n geestesteuring. Die titel NEVERLAND neem inspirasie van J.M. Barrie se oorspronklike storie oor Peter Pan en die idee van ’n plek / ruimte wat slegs in ’n kind se gedagtes bestaan.

Place of event
Debuut
Place of event 5 Nov 18:00  
Datum en tyd/Date and time
Genre of event Film
Genre/Genre
Event music Chesney Palmer
Musiek/Music
Event singers Stemkunstenaars: David Mali (België), Lungile Paulette Mahlangu, Saskia Leudo De Ronde (België)
Sangers/Singers
Event country Thami Majela
Teks/Script
Thami Majela (Choreografie)
Regie/Direction
R50
Toegangsfooi/Admission fee
Pule Paul Peter
Dansers/Dancers

Uvuko: opstanding

Uvuko: opstanding/resurrection is ʼn skadudans, ʼn slangetjies-en-leertjiesdans. Soos wat ʼn slang vervel, gaan dit oor hoe om die ou vel af te skud. Dit gaan oor die dood van die ego. Oor hoe om die speelgrond gelyk te maak. Oor die euforie van om te word, en die gestoei van om te laat gaan. Uvuko is ʼn multimedia, kaleidoskopiese ervaring van die oomblikke tussen die afsterwe en die hergeboorte van die self. Uvuko gaan oor die eet van vlees, die drink van bloed, en die opstaan elke keer as hulle jou probeer doodmaak.

Place of event
Debuut
Place of event 21 Okt 18:00  
Datum en tyd/Date and time
Genre of event Eksperimenteel, Multimedia, Dans, Gesproke woord
Genre/Genre
Event sound Roxanne de Freitas
Klank/Sound
Roxanne de Freitas
Regie/Direction
R66
Toegangsfooi/Admission fee
11:11 min
Tydsduur/Duration
Roxanne de Freitas
Dansers/Dancers

Eclectic Spoken Wordsmiths

Hierdie dokumentêr stel drie jong, talentvolle en diverse digters bekend wie se werk die afgelope paar jaar in Bloemfontein ervaar kon word. Dis ’n poging om lig te werp op hul reis in die kreatiewe sfeer deur hul merkwaardige werke aan te bied, om opkomende digters te inspireer en om die gehoor ’n skrams blik te gee op hul volgehoue volharding. Wees gereed om vasgenael te ontdek hoe hul reis soos ‘n goue draad in ons dinamiese kreatiewe gemeenskap verweef is.

Place of event
Debuut
Place of event
Datum en tyd/Date and time
Event actors Tshiamo Malatji, Kwena Peu, Patience Ntaoleng Labane
Akteurs/Actors
Genre of event Uitvoerende digkuns, Kort dokumentêre film, Nie-fiksie
Genre/Genre
Vrystaat Kunstefees
Beskermheer/Sponsor
Event language Engels
Taal/Language
Event country Zita Films (Videograaf)
Fotografie/Photography
Thuthukani Ndlovu
Regie/Direction
Uitvoerende vervaardigers: Vrystaat Literatuurfees en The Radioactive Blog
Vervaardiger/Production House
32 min
Tydsduur/Duration

Telematic 360 Report

Telematic 360 was ‘n aanlyn artistieke program wat van stapel gestuur is deur die Pan-Afrika Telematiese Kunsprojek (’n inisiatief van die Vrystaat Kunstefees) en wat befonds is deur die Nasionale Kunsteraad van Suid-Afrika. Die projek het tien kunstenaars oor sewe weke toegerus met vaardighede, kennis en bevoegdhede op die gebied van digkuns of toegevoegde realiteit. Die kunstenaars het vyf gesamentlike projekte geskep: Vier toegevoegde realiteitsprojekte en een virtuele projek. Toegang is beskikbaar via die digitale verslag (laai af / lees die verslag hier).

Place of event
Debuut
Place of event
Datum en tyd/Date and time
Event actors Sthembiso Khoza, Katlego Modubu, Tshepiso Bojosi, Peter Montsho (Uitgesoekte digitale kunstenaars); Solly Ramatswi, Ntaoleng Patience Labane, Marcia Benedicta Peschke, Itumeleng Makgoale, Thando Motumi (Uitgesoekte digters)
Akteurs/Actors
Genre of event Digitale kuns, Toegevoegde realiteit, Virtuele werklikheid
Genre/Genre
Nasionale Kunsteraad van Suid-Afrika (NAC), Departement van Sport, Kuns en Kultuur van Suid-Afrika (DSKK)
Beskermheer/Sponsor
Event language Engels
Taal/Language
Event coordinator Thuthukani Ndlovu
Koördineerder/Coordinator
Event design Think Digital
Ontwerp/Design
Xabiso Vili (Digkuns / Poetry), Mbangiso Mabaso, Thabo (Vergrote realiteit / Extended reality), Verteenwoordig / Representing Sisanda Tech
Besprekingspaneel/Discussion panel

Interactive Art Ensemble: Global Taxi Ride

Die Interactive Arts Ensemble 2021 nooi gehoorlede uit om hulself in te leef in ʼn virtuele, interdissiplinêre kunservaring wat die kollig werp op koloniale konstrukte soos grondeienaarskap, mode, verbruikerskultuur, genderpolitiek en opvoeding. Neem ʼn taxirit deur Suid-Afrika, Spanje en die stad New York en verken gemeenskapsverhoudings buite geopolitieke grense te midde van ʼn globale pandemie. Gehoorlede word sterk aangeraai om oorfone te dra vir ʼn maksimale belewenis.

Place of event
Debuut
Place of event 7 Nov 17:00  
Datum en tyd/Date and time
Event actors Andrea Sabariego, Kilusan Bautista, Nicole Colbert, Oliver Sikhuthali Bonga, Zach Rothman Hicks
Akteurs/Actors
Genre of event Interaktief multidissiplinêr
Genre/Genre
Interactive Arts Ensemble 2021
Beskermheer/Sponsor
Event sponsor
16+
Ouderdomsbeperking/Age restriction
Event language Engels, Spaans, Xhosa
Taal/Language
Event music Andrea Sabariego, Kilusan Bautista, Nicole Colbert, Oliver Sikhuthali Bonga, Zach Rothman Hicks
Musiek/Music
Event design Interactive Arts Ensemble 2021
Ontwerp/Design
Event country Andrea Sabariego, Kilusan Bautista, Nicole Colbert, Oliver Sikhuthali Bonga, Zach Rothman Hicks
Teks/Script
Andrea Sabariego, Kilusan Bautista, Nicole Colbert, Oliver Sikhuthali Bonga, Zach Rothman Hicks
Regie/Direction
Interactive Arts Ensemble 2021
Vervaardiger/Production House
R40
Toegangsfooi/Admission fee
60min
Tydsduur/Duration

Gabbing with Gays

Gabbing with Gays is ʼn interaktiewe, oudiovisuele toer van emosionele intimiteit in die LGBTQIA+ gemeenskap waarin mense van regoor die wêreld hul sê sê. Gabbing with Gays is oop vir almxl ongeag geslag, seksuele oriëntasie, ras, etnisiteit, ens. Vir Snelstroom 2021 word Gabbing with Gays lewendig opgevoer, met ʼn opgeneemde weergawe beskikbaar. Video, oudio, visuele kunsstukke en oorgenoeg geleentheid vir gehoorinteraksie, word ingespan om dié lewende opvoering vir toekomstige gehoorlede op te neem.

Place of event
Debuut
Place of event 17 Okt 20:00  
Datum en tyd/Date and time
Event actors Matthew Arancio, Ashley V. Robinson, Amir Levi, UniqueBee, Dan Stroiman, Subin, Sylvester Thamasanqa (Thami) Majela, Carlos Morris, Subin, Andre Knights, mads, Michael Rider, James Worsdale, Abimbola Otu, Amanda Barrett, Michelah Desnai
Akteurs/Actors
Genre of event Video, Oudio, Interaktiewe vertoning
Genre/Genre
Event language Engels
Taal/Language
Event coordinator Amanda Wu
Koördineerder/Coordinator
Event design C.Y. Chen, Elizabeth Stewart
Ontwerp/Design
Event country Zach Rothman-Hicks
Teks/Script
Zach Rothman-Hicks
Regie/Direction
R75
Toegangsfooi/Admission fee
60 min
Tydsduur/Duration

Air It Out

AIR IT OUT se mikpunt is om ‘n kreatiewe, prettige en kleurvolle gebeurtenis te genereer wat ‘n veilige, openbare ruimte sal skep om oor die konsep van gesonde geestesrykdom te praat en om aanvaarding en vriendelikheid vir onsself en vir mekaar aan te moedig. AIR IT OUT hoop om geestesgesondheid te normaliseer deur ‘n aanlyn visuele vertoning te skep in solidariteit met almal wat daarmee gesukkel het, iemand ken wat gesukkel het, of diegene wie se lewens deur die geestesgesondheid van ander geraak is.

Place of event
Debuut
Place of event 16 Okt 10:00  
Datum en tyd/Date and time
Genre of event Openbare kunsvertoning, Openbare-deelname kunsprojek
Genre/Genre
Dare To Imagine Studios, Audeamus Studios, Invers Visuals, Wat Soek Jy Man?!
Beskermheer/Sponsor
Event language Verskeie
Taal/Language
Event presenter Kezia Gerber
Aanbieder/Presenter
R5
Toegangsfooi/Admission fee
90 min
Tydsduur/Duration