Laerskool Noord

Laerskool Noord

LAERSKOOL NOORD se leuse is KYK NOORD EN STOOT VOORT. Die skoolhoof tree af. Drie onderwyseresse sit in die personeelkamer en beplan ’n verrassingspartytjie vir hom terwyl hulle wag vir die hoof om (via Zoom) sy opvolger aan te kondig. Heimlik kou elkeen haar naels. Die vraag is – kou elkeen naels omdat sy die volgende skoohoof wil wees of omdat sy NIE die volgende skoolhoof wil wees nie?

Met: Margit Meyer-Rödenbeck, Marion Holm, Neels Coetzee, en Ilne Fourie.
Regisseur: Gideon Lombard.

LAERSKOOL NOORD laat die gehoor lag en lig hulle op uit die daaglikse swaarkry waaronder almal tans gebukkend gaan. Dit is vermaak uit die boonste rakke.

Venue: Kopanong Auditorium

Liewe Heksie

Liewe Heksie

“Die geliefde Liewe Heksie is terug! Met haar presente, ’n biki-kini en rolskaatse beloof sy om Blommeland nog kleurryker te maak. Maar ai, die groot grillerige Geelheks probeer haar vieringe in die (rolskaats)wiele ry. Levinia vra mooi: “Asseblief, klein en groot kaboutervriende van Menseland, help my dat ons al die stoute karnallies kan verwilder.” (En o, ja – sy sukkel ook bietjie met haar masker…)
Verna Vels se immergroen verhale kry nog meer lewe met baie gehoordeelname en voortsnellende aksie. Margit Meyer-Rödenbeck is die “ultimate”, nimlike Heksie en die uiters talentvolle Deon van Zyl draf die rolle van Karel Kat, die Geelheks en Koning Rosekrans lag-lag kaf.

Venue: Kopanong Auditorium

Dressing room

Dressing Room

Based on the real antics of backstage life during the production of a community theatre musical, The Dressing Room, that’s not a musical at all, is a relatable comedy to anyone who has been through the hustle of being backstage during a production. Through the span of five years, the cast of multi-generational characters make their way through five iconic musicals – Sound of Music, Oklahoma, Les Misérables, Peter Pan, and Beauty and the Beast – playing an assortment of supporting chorus members, divas, and eventually production members, all while balancing the drama of real life.

Venue: Wynand Mouton Theatre, Park West, Bloemfontein

POP

POP

POP is a multidisciplinary dance piece interrogating mental health issues related to homophobia. By sharing their intimate experiences on stage, the choreographers Thamsanqa Majela and Matthieu Nieto developed a choreographic and poetic language to transcend violence through a therapeutic dance, both sensitive and flamboyant. Cultivating a dreamlike and hypnotic state, they navigate through the mental and physical imprints of traumas influenced by the popular culture that shaped their worlds.

Venue: Scaena Theatre, Park West, Bloemfontein, South Africa

Aasvoël Klub

Aasvoël Klub

Venue: Aasvoël Club, Kellysview Settlement, Bloemfontein, South Africa

Mini Abba

Abbas greatest hits performed by the next generation not eligible to vote yet

Radio Waves

Radio Waves is ‘n 8 piece band wat al die Radio gunstelinge speel. Daardie liedjies wat jou voete laat tyd hou en heimwee gee, bv Roxette, Smokie, Tom Petty, Heart, Cranberries, CCR, Theuns Jordaan en Juanita du Plessis en vele meer.

Die Legendes van Afrikaanse musiek

Mario Lategan, Cézanne Yzelle en Ryk Kleinhans bring hulde aan al die legendes van Afrikaanse musiek en hul grootste treffers.

Kortpad na memoire

Kortpad na memoire

Jy mag dalk dink jou lewensgeskiedenis is fassinerend – maar om dit só te skryf dat dit vir ander ewe interessant is, is ’n uitdaging. Sluit aan by die slypskool waar Francois Smith, bekroonde skrywer, sy héél beste skryfwenke deel, en Zarine Roodt, memoireskrywer, die vreugdes en slaggate van memoireskryf toelig. En onthou, daar is ’n verskeidenheid van lewensgeskrifte waarvan memoire een is: memoire is gemik op lewensgrepe, eerder as op die span van ’n hele lewe soos in ’n outobiografie.

Venue: Scaena Theatre, Park West, Bloemfontein, South Africa

Hoe Later Hoe Kwater

Hoe Later Hoe Kwater

Hoe Later, Hoe Kwater! is ‘n Afrikaanse vertaling deur Pierre van Pletzen van Michael Pertwee en John Chapman se Holiday Snap. ‘n Portuguese tyd-deel villa word dubbel bespeek, sonder dat die bysiende Bevelvoerder “Schissy” Schisster dit weet. Veronica en Leslie arriveer eerste, en dan met die koms van Mary en Charles bly Schissy onbewus dat daar twee paartjies in die omtrek is. Die verwarring word opreg gevestig wanneer die twee paartjies mekaar aansien as die villa se skoonmakers. Konsternasie breek uit: Veronica en Leslie, asook Charles and Mary, is nie getroud nie! Wanneer Charles se skoonma opdaag breek die hel los met misverstande, persoonsvergissing en vele aksie.

Venue: Wynand Mouton Theatre, Park West, Bloemfontein