Die mens is gebore uit die natuur, die mens is een met die natuur, die mens veg teen die natuur, die natuur sluk die mens in om homself te verryk. Van stof is ons gemaak, en tot stof sal ons terugkeer.
NEVERLAND is ’n dansteater-film wat handel oor dissosiatiewe identiteitsteuring – ’n geestesteuring wat gekenmerk word aan minstens twee blywende identiteite. Dissosiatiewe identiteitsteuring, vroeër ’n gesplete persoonlikheid genoem, is gewoonlik ’n reaksie op trauma. In Suid-Afrika, en veral in die Swart kulture, word hierdie geestestoestand gesien as ’n vorm van toordery. Wit kulture beskou dit as ’n geestesteuring. Die titel NEVERLAND neem inspirasie van J.M. Barrie se oorspronklike storie oor Peter Pan en die idee van ’n plek / ruimte wat slegs in ’n kind se gedagtes bestaan.
Debuut
5 Nov 18:00
Datum en tyd/Date and time
Film
Genre/Genre
Chesney Palmer
Musiek/Music
Stemkunstenaars: David Mali (België), Lungile Paulette Mahlangu, Saskia Leudo De Ronde (België)