Die Interactive Arts Ensemble 2021 nooi gehoorlede uit om hulself in te leef in ʼn virtuele, interdissiplinêre kunservaring wat die kollig werp op koloniale konstrukte soos grondeienaarskap, mode, verbruikerskultuur, genderpolitiek en opvoeding. Neem ʼn taxirit deur Suid-Afrika, Spanje en die stad New York en verken gemeenskapsverhoudings buite geopolitieke grense te midde van ʼn globale pandemie. Gehoorlede word sterk aangeraai om oorfone te dra vir ʼn maksimale belewenis.
Kategorie: Lewende en Interdissiplinêre Kuns
Gabbing with Gays
Gabbing with Gays is ʼn interaktiewe, oudiovisuele toer van emosionele intimiteit in die LGBTQIA+ gemeenskap waarin mense van regoor die wêreld hul sê sê. Gabbing with Gays is oop vir almxl ongeag geslag, seksuele oriëntasie, ras, etnisiteit, ens. Vir Snelstroom 2021 word Gabbing with Gays lewendig opgevoer, met ʼn opgeneemde weergawe beskikbaar. Video, oudio, visuele kunsstukke en oorgenoeg geleentheid vir gehoorinteraksie, word ingespan om dié lewende opvoering vir toekomstige gehoorlede op te neem.
Air It Out
AIR IT OUT se mikpunt is om ‘n kreatiewe, prettige en kleurvolle gebeurtenis te genereer wat ‘n veilige, openbare ruimte sal skep om oor die konsep van gesonde geestesrykdom te praat en om aanvaarding en vriendelikheid vir onsself en vir mekaar aan te moedig. AIR IT OUT hoop om geestesgesondheid te normaliseer deur ‘n aanlyn visuele vertoning te skep in solidariteit met almal wat daarmee gesukkel het, iemand ken wat gesukkel het, of diegene wie se lewens deur die geestesgesondheid van ander geraak is.