Oliewenhuis

Tentoonstellings by Oliewenhuis-kunsmuseum gedurende die Vrystaat Kunstefees 

Museumtye: Ma – Vr: 09:00 – 17:00; Sa – So: 09:00 – 16:00 (afhangend van vlak van inperking / depending on lockdown level)

Hoofgebou

New Breed Art Kunskompetisie 

Opening: Dinsdag, 5 Oktober18:00
Kay Fourie. Scrapyard (2019). Houtskool op Academia.
Bongani Tshabalala. Deeper into the Soul (2019). Foto.

Datum: 5 Oktober – 14 November 2021 

Plek: Hoofgebou, Oliewenhuis-kunsmuseum

Phatshoane Henney Prokureurs, in samewerking met Oliewenhuis-kunsmuseum, die Art Bank of South Africa en die Free State Art Collective, nooi jaarliks opkomende kunstenaars van die Vrystaat om in te skryf vir die New Breed Art Kunskompetisie met die doel om hierdie kunstenaars aan te moedig om na vore te tree en moontlik as ‘n “new breed”-kunstenaar ontdek te word. Die uitstalling van die finaliste se werke sal vanaf Dinsdag 5 Oktober 2021 vertoon word.

U word ook uitgenooi om vir u gunsteling-kunstenaars te stem om hierdie jaar se Public Choice Award te wen, deur middel van die kompetisie se amptelike webtuiste, www.newbreedart.co.za.

Reservoir

Āvāhana – Invocation

ʼn solo-uitstalling deur Amita Makan

Kurator: Dr. Bongani Mkhonza

Opening: Dinsdag, 5 Oktober 2021, 19:00

Āvāhana-Invocation is ʼn reisende solo-uitstalling deur Suid-Afrikaans-gebore kunstenaar, Amita Makan. Makan se lapkonstruksies met borduurwerk en collage geniet internasionaal erkenning. Sy besiel haar werk met identiteit, herinnering en geskiedenis deur van eertydse sari’s gebruik te maak en voel intuïtief die kontemporêre aan deur gevonde materiale te integreer – die detritus van plastiek wat ons omgewing vervuil en ons uitdrukkings van versorging besoedel.Makan begin met ʼn selfportret waaruit stralende kanale die worstelende oorlewing van die natuur, waarvan ons so afhanklik is, verken. Op hierdie wyse beklemtoon Makan haar rol binne ʼn toenemend ernstige kulturele reaksie op kapitalisties-gedrewe omgewingschaos – hier neem dit die vorm van ʼn gebed aan om die balans en harmonie van ʼn gebroke aarde te restoureer. In ʼn opstel wat die uitstalling vergesel, skryf kunshistorikus Hélène Tissières: “Om die natuur as kuns weer te gee bevraagteken die … oorheersing van die natuur wat stelselmatig lei tot die verdwyning van duisende spesies, die onderbreking van die voedselketting, die ontwrigting van die regulering van die ekosisteem.”

Amita Makan. Snow Protea I (2017). Borduurwerk met metaal-, nylon- en poliëstergaring, sintetiese linte, krale, Swarovski-kristalle, eertydse sari’s en sequins op tulle, 130 x 92 x 6cm.
Amita Makan. Vasant III (2017). Borduurwerk met satyn en viskose garing, hergebruikte plastiekverpakking op sy organza, 83 x 120 x 3cm.
Amita Makan. Ubuntu Baobab I (2019). Borduurwerk met eertydse saris, sequins, kralewerk met metaal en viskosegaring op sy organza, 270 x 114cm.

Pauline Gutter & Jacques Fuller

Die Vrystaatse kunstenaars Pauline Gutter en Jacques Fuller span hul kragte en talente saam vir ’n visuele kunsuitstalling by die Monte Bello-landgoed op 15 en 16 Oktober 2021. Gutter en Fuller, wat saam meer as sestig jaar se ondervinding as visuele kunstenaars het, stal twee dae lank ’n versameling van hul onlangse werk by dié skilderagtige en moderne landgoed uit, waar kykers hulle kan regmaak vir ’n viering van tegniese uitnemendheid in skilderkuns, geelkoperbeeldhouwerk, houtskooltekenwerk en litografie. 

Pauline Gutter se werk fokus op kwessies van mag en grond, en die onstabiliteit en wisselvalligheid van die landbousektor. Kykers word weggevoer na ’n skynwerklikheid wat hulle uitdaag om die konflik tussen grond en masjinerie en tussen die mens en tegnologie te ondersoek, dikwels met die bul as metafoor vir ’n menslike geldeenheid, vir krag en vir die oordrag van die landskap se inherente energie. Hierdie uitstalling is Pauline se eerste in die Vrystaat sedert haar solo-uitstalling, Purgatorium, in 2016.

Jacques Fuller se werk handhaaf ’n fyn balans tussen satire en kommentaar oor kontemporêre politieke kwessies. Jacques gebruik die buitengewoon moeilike medium van getemperde geelkoperbeeldhouwerk om die kyker in te lok, en sy besondere beeldhouwerke blaas lewe in die kragtige kontras tussen erns en tong-in-die-kies humor. Met hierdie uitstalling demonstreer Jacques vier dekades se ondervinding in die smee van geelkoperbeeldhouwerk, en stel hy sy ongelooflike beheer van ’n onversetlike medium – metaal – ten toon.

Die samekoms van dié twee kunstenaars in een spasie is ’n sonderlinge eer in die Vrystaat – sluit by hulle aan vir twee dae van kreatiewe toordery in hierdie voortreflike ruimte.

Die geleentheid vind by die Monte Bello-landgoed plaas op 15 Oktober van 18:00 tot 22:00 en weer op 16 Oktober 2021 van 10:00 tot 22:00.

Om jou bywoning te bevestig, kontak asseblief Monte Bello se geleentheidskoördineerder, Jeanne-Mari van den Berg, by jeannemari@montebelloestate.co.za.

Interface Exhibition

Kurator: Miné Kleynhans en Teboho Mokhothu 

Datum: Virtuele uitstalling opening 4 Oktober 2021 

“ver van ‘n deursigtige venster in die data binne ‘n rekenaar, bring die koppelvlak sterk boodskappe van sy eie daarmee saam. watter soort?”

Virtuele kunswerke en aanlyn kunsbesigtiging is al vir ʼn geruime tyd algemeen, tog het die situasie rondom Covid-19 ʼn geëskaleerde migrasie na die virtuele ruimte genoodsaak. Ons ervaar kuns deur galery-webtuistes, virtuele uitstallings, aanlynkunsskoue en sosiale media. Die uitstalling Interface bied ʼn seleksie van kunstenaars wat worstel met die konsep van “interfacing” as ʼn ontmoetingspunt tussen tegnologie en verbruiker, kuns en gehore – of stellig, in sommige denke, die afwesigheid van “ontmoeting”. 

Die uitstalling sal op ‘n toegewyde webdomein vertoon word, gevolg deur ʼn fisieke uitstalling in 2022 en sal die uitruil en teenstrydigheid tussen hierdie ruimtes wat “inter” is, ondersoek. 

Allen Laing. Cellphone Holder (2020). Koorsboom en Kiaathout.
Lesego Motsiri. Roses of the City (2021). Digitale kunswerk / afdruk op Albond-metaal.
Lyrene Kuhn Botma. Quick Response (2021). Digitale skets met skandeerbare QR-kode op foto-flenters.

LAND/MINE: AANDADIGE GEOGRAFIE

Jeannette Unite. MINING THE ARTIST’S PAINTBOX (1992 – verder). Segment van verpersoonlikte periodieke tabel met elemente versamel tydens die kunstenaar se reise.

Sedert haar verblyf in die 1990’s op die alluviale diamantmyne aan Afrika se weskus, fokus Jeannette Unite op Afrika se omstrede mineraalgeskiedenis en die wyse waarop die mens die aarde uitbuit. Haar artistieke, argivaliese navorsing en navorsing op voetsoolvlak spreek die vraag aan waarom die aarde van belang is, asook die verhouding wat die mens met minerale en die aarde histories het. Die resultaat hiervan is ʼn hoogs persoonlike liggaam van werk waaruit haar staafkode, geo-naatmineraalskilderye as ʼn omstrede ertsaar in die LAND/MINE-uitstalling geïnstalleer sal word.Die materiële eienskappe van haar werke is self buitengewoon: die kunstenaar herwin detritus-oorskiet van industriëleterreine en gebruik dit as die kleur en pigment in haar tekeninge en skilderye. Sy werk ook saam met geo-chemici, verf-chemici en keramiekkunstenaars om haar eie verf- en pastelresepte te ontwikkel. Haar palet, georganiseer in ‘n unieke periodieke tabel, bestaan uit flesse gevul met ontginde materie; beide die kosbare erts wat in die industrie gebruik word en dié in slykdamme en mynhope wat sy op haar reise na afgeleë ontginningsgebiede in 32 lande versamel het. Unite se direkte gebruik van ontginde materiaal onderskryf haar navorsingsgebaseerde kunspraktyk wat talm op die voortgesette rol van die mynwese in die (her)produsering van koloniale magsverhoudings.

Datum: 12 Oktober – 12 November 2021 

Plek: Johannes Stegmann Kunsgalery, UFS

Weens Covid-19 is toegang tot die Bloemfontein kampus beperk tot permithouers.

Tyd: 9:00 – 16:00 

Virtuele uitstalling