Gracie-Jane Coetzee se eerste kleinkind gee kort voordat die president die eerste inperking aankondig sy eerste asemteug. Dié twee-en-vyftigjarige skrywer en illustreerder is nie juis ’n konvensionele ouma nie. Sy verkies die geselskap van Sad Sack, haar getroue ou Bassethond, bo enige ander verhouding in haar lewe. Saans wanneer die PTSV haar tussen die mure van haar huis rondjaag, dokter sy graag die obsessiewe simptome met ’n paar glasies wyn. Gracie wil graag deel wees van haar kleinseun se lewe, maar eers moet sy die gebroke vertrouensband met haar seun, JJ, herstel.
Datum en tyd/Date and time
Taal/Language
Aanbieder/Presenter
Besprekingspaneel/Discussion panel
Tydsduur/Duration