disobedience rules!

Die sogenaamde Australiese molesmakers, pvi collective, bied ’n aktiewe bordspeletjie, disobedience rules!,aan. Inspirerende gemeenskapsleiers gaan in drie sessies op ’n geheime plek by pvi aansluit om insae te gee in die wêreld van burgerlike wangedrag. Hier is dit jou burgerlike plig om kreatief ongehoorsaam te wees. Terwyl die spelers die dobbelsteen gooi en maniere van wangedrag vermeerder, moet hulle besin oor die potensiële burgerlike wangedrag op ’n plaaslike vlak. Die idees en teorieë wat die spelers skep, “verlaat” die bordspel en vaar die strate in om op die publiek getoets te word. ’n Topspan onbeskaafde staatsamptenare (uncivil servants) sal op Hoffmanplein die idees in aksie omskakel. disobedience rules! gebruik die spel as ’n aanknopingspunt om oor die maatskaplike waarde van burgerlike wangedrag te besin. Kom help ons om humor, taktiese kattekwaad en kollektiewe optrede as nuwe maniere van daaglikse aktivisme in Bloemfontein te toets