Die Charl du Plessis Trio speel oorspronklike tango’s en verwerkings deur Charl du Plessis (pianis). Sy triovennote is Werner Spies (baskitaar en kontrabas) en Peter Auret (tromme).
Category: Vrystaat Klank en Klassik
Variation in Beauty | Beauty in Variation
Nina Schumann lewer ’n solo-klavieruitvoering met werke van Bach/ Busoni, Mendelssohn, Medtner en Rachmaninoff.
Madame Pylinska en die geheim van Chopin
’n Toneelstuk met musiek. Naòmi Morgan het die outobiografiese verhaal van Éric-Emmanuel Schmitt uit Frans na Afrikaans vertaal. Dit handel oor Schmitt, wat benewens skrywer ook ‘n bekwame pianis is, se klavierlesse by die eksentrieke Pylinska. Chris van Niekerk is die verteller en Eugène Joubert die pianis wat werke van Chopin, asook Liszt, uitvoer.
Natural Elements
Musiek wat lug, vuur, water en grond verteenwoordig deur die trio Danré Strydom (klarinet), Anmari van der Westhuizen (tjello) en Anneke Lamont(klavier). Dit word aangevul met foto’s en nuus berigte oor onlangse natuur gebeure gelees deur die aktrise Ilne Fourie.
Most Beautiful Songs
Die twee musici het die program saamgestel uit liedere wat hulle die naaste aan die hart lê en is van onder andere Brahms, Dvorak, Benjamin Britten en Satie.
Cuentos de hadas
Dié program van liedere deur Spaanse komponiste weerspieël die Spaanse kultuur en temperament en word deur die klavierduo begelei.