Vrystaat Kuns en Gesondheid

Vrystaat Kuns en Gesondheid (VSKG) is ‘n baanbreker kuns- en gesondheidinisiatief vir die sentrale deel van Suid-Afrika. Ons ondersteun en ontwerp gemeenskapgesentreerde intermediasies deur kuns-werkers om ‘n positiewe impak uit te oefen op die gesondheid en welstand van die gemeenskappe waarvoor ons werk. Deur die kunste te gebruik, betrek ons gemeenskappe in kunspraktyke en -projekte wat sleutel-gesondheidsaspirasies aanspreek, want ons verstaan dat goeie gesondheid onontbeerlik is vir die skep van koherente gemeenskappe.

Ons doelwit die afgelope paar jaar was om ’n werkende model te ontwikkel oor hoe om ’n kuns- en gesondheidswerker in Suid-Afrika te word, asook om dit wat kuns en gesondheid in die Suid-Afrikaanse konteks is, te herdefinieer. Ons kan ook bly aankondig dat ons ’n kuns- en gesondheidgereedskapsgids gepubliseer het op die Vrystaat Kunstefees se webblad vanwaar dit afgelaai kan word. Hierdie gereedskapsgids is die kulminasie van ses jaar se ondervinding, kennis en beleefde ervaring.

Ons beplan om ons groot werk voort te sit deur tromp-op vraagstukke te pak soos geestesgesondheid, trans-gender kwessies, beskermende seks en voorbehoedmiddels en om betrokke te bly by sleutel-gemeenskapsaangeleenthede soos nierversaking en diabetes, terwyl ons steun op die kennis wat ons die afgelope ses jaar suksesvol geïmplementeer het. 

In 2021 gaan die VSKG-program ’n opwindende Virtuele Kuns en Gesondheid Miniberaad insluit wat daarop gaan fokus om die isolasie wat onder kuns- en gesondheidpraktisyne heers te oorbrug, asook ’n kuns- en gesondheidwerkswinkel en maandelikse kuns- en gesondheid aanlyn gesprekke oor die genesing van generasie trauma van eerste nasies en inheemse erfenis.

Met behulp van ons sleutelbelanghebbers en ons vennote (Vrystaat Kunstefees, PIAD en DADAA Australië) sal eerste-nasies-, swart en gestremde mense in die toekoms aan die stuur wees van kuns en gesondheid. Vrystaat Kuns en Gesondheid is op die punt om ’n deurbraak op die gebied van kuns- en gesondheidpraktyk in Afrika te maak en ons is veral opgewonde dat hierdie deurbraak in sentraal Suid-Afrika ontkiem.