Hoe Later Hoe Kwater

Hoe Later Hoe Kwater

Hoe Later, Hoe Kwater! is ‘n Afrikaanse vertaling deur Pierre van Pletzen van Michael Pertwee en John Chapman se Holiday Snap. ‘n Portuguese tyd-deel villa word dubbel bespeek, sonder dat die bysiende Bevelvoerder “Schissy” Schisster dit weet. Veronica en Leslie arriveer eerste, en dan met die koms van Mary en Charles bly Schissy onbewus dat daar twee paartjies in die omtrek is. Die verwarring word opreg gevestig wanneer die twee paartjies mekaar aansien as die villa se skoonmakers. Konsternasie breek uit: Veronica en Leslie, asook Charles and Mary, is nie getroud nie! Wanneer Charles se skoonma opdaag breek die hel los met misverstande, persoonsvergissing en vele aksie.

Venue: Wynand Mouton Theatre, Park West, Bloemfontein