in perpetuum Standard Bank Young Artist 2017: Beth Armstrong

Standard Bank Jong Kunstenaar vir 2017, Beth Diane Armstrong, se beeldhou-uitstalling in perpetuum sentreer om die kontrasterende variasies van digtheid en losheid. Die uitstalling fokus op Armstrong se gebruik van beeldhou om die verskillende uitdrukkings van hierdie twee terme in verhouding tot skaal, struktuur, materialiteit, ruimte, voorstelling en proses uit te beeld. Hierdie versameling werke bevat temas en motiewe uit haar volle loopbaan as beeldhouer en dui op ‘n volsirkel terugkeer na waar dit begin het, te wete haar Meestersgraad in Beeldende Kuns wat sy aan die Rhodes-universiteit in 2010 ontvang het.