MEER OOR DIE

Kunstemark

Die Kunstemark is ‘n sleutel inkomstebron van die fees en bied ‘n reuse ekonomiese inspuiting vir die Vrystaat. Die mark betrek ongeveer 370 stalletjies, van handgemaakte produkte, kos en bier tot ‘n verskeidenheid gemeenskapsgroepe. Stalletjie -eienaars kom van regoor Suid-Afrika en toenemend ook uit ander Afrika-lande. ‘n Baie hoë standaard word deur die feesorganiseerders en die Universiteit van die Vrystaat gehandhaaf. ‘n Beduidende aantal feesgangers woon die fees slegs vir die kunsmarkte by.

KUNSMARK AANSOEKE IS NOU OOP!

Trots Suid-Afrikaans!

’n Klein intieme mark, meestal gekonsentreer in en om die Callie Human-saal en die Eksamenlokale, met slegs unieke Suid-Afrikaanse vervaardigde produkte!

Doen hier aansoek

Hooffees

Die Groot Mark sal gehou word tydens die Hooffees, saam met die Literatuurfees, Vrynge en al die ander lekker opvoerings en konserte! Doen hieronder aansoek om seker te maak jy is deel daarvan!

Doen hier aansoek

WELKOM TERUG NA BLOEMFONTEIN!

Dit is ‘n voorreg om almal weer te verwelkom na, wat vir baie van ons, twee uitdagende jare was. Ons begin 2022 positief en vertrou dat ons vanjaar weer ‘n fees kan hou en besigheid kan doen.

Die Vrystaat Kunstefees beplan twee markte in 2022!

Omdat ons nog steeds met die Covid pandemie moet rekening hou en omdat ons Kunstefees gewoonlik in die hartjie van die winter plaasvind, het ons dit in 2022 ‘n bietjie omgeswaai.

Die Hooffees is van 2 – 8 Oktober 2022

Die Groot Mark sal gehou word tydens die Hooffees, saam met die Literatuurfees, Vrynge en al die ander lekker opvoerings en konserte.

Ons beplan ook ‘n lekker Winter MINI-mark van 12 – 16 Julie

Hierdie mark sal kleiner wees en slegs unieke Suid-Afrikaanse vervaardigde produkte aanbied. Die Wintermark sal hoofsaaklik gekonsentreer wees in en om die Callie Human-saal en die Eksamenlokale (sien die kaart hieronder).

Die goeie nuus is dat die aansoekvorms vir beide markte nou gereed is! 

Kliek hier en doen aanlyn aansoek vir één of albei Kunsmarkte:

Aansoekvorm: HOOFFEES

Aansoekvorm: WINTER MINI MARK 

Jy is meer as welkom om by beide markte uit te stal. Maak asseblief seker dat wanneer jy aansoek doen vir altwee markte, jy ook 2x jou adminfooi betaal! Volg dan die maklike instruksies vir al die nodige inligting.

Om almal te akkommodeer het ons nie die pryse vir ‘n stalletjie in 2022 verhoog nie. Daarom is die kostes vir al die stalletjies dieselfde as in 2020!

Vir die aansoekers wat reeds hul administrasiefooie in 2021 betaal het, dit sal oorgedra word na 2022, maar jy moet asb wel weer ‘n nuwe aansoekvorm invul! Heg net weer die 2021 bewys van betaling aan.

Ons is ongelooflik opgewonde om almal weer te sien en terug in die Vrystaat te verwelkom!!

Hartlike Groete
Atie

Organiseerder Vrystaat Kunstefees Kunstemark

Inskryf Fooi

Vir u gerief, om u administrasiefooi vir die Vrystaat Kunstefees se Kunstemark in 2022 te betaal, het ons die moontlikheid bygevoeg om met ‘n bank- of kredietkaart te betaal deur ons Wolkewinkel. Indien jy tog eerder ‘n EFT wil doen, betaal dan asseblief R280 in die rekening hieronder vermeld en stuur die bewys van betaling aan die Kunstemarkorganiseerder.

E-pos die bewys van betaling aan atie@vrystaatkunstefees.co.za.

Geen tjeks sal aanvaar word nie.

Adminfooi van R280 (BTW ingesluit) is nie terugbetaalbaar nie. Sonder die bewys van betaling van die adminfooi sal jou aansoek nie aanvaar word nie.

Feesterrein 2022

Pryse 2022

Gereelde vrae

Wanneer sal die aansoekvorm vir 2022 beskikbaar wees?

Vanaf 14 Januarie, 2022.

Sal ek vir dieselfde spasie as in 2019 kan aansoek doen?

Die feesterrein het aansienlike transformasies sedert 2019 ondergaan. Vergewis u asseblief van die nuwe uitleg (sien hierbo). Ons sal ons bes doen om almal die beste spasie moontlik te gee.

Waar is die meeste voete (moontlike kliënte)?

Dit is moeilik om te sê as gevolg van die terreinveranderinge, maar omdat die nuwe uitleg meer sirkelvormig is as die vorige uitleg, glo ons elke deel van die fees sal baie besoekers trek.

Hoeveel binnenshuise uitstalruimtes is beskikbaar?

Vanjaar is slegs die Callie Human en die eksamenlokale beskikbaar vir binnenshuise uitstallers.

Gaan die vd Merwe/Scholtz-saal beskikbaar wees vir uitstallers?

Nee, hierdie spasie sal vir die duur van die fees in ‘n teater verander.

Sal die Equitas-gebou vir uitstallers beskikbaar wees?

Nee, weereens, as gevolg van die veranderinge aan die terreinuitleg sal die Equitas-gebou nie meer deel van die feesterrein vorm nie.

Is die koshuise oop vir verblyf tydens die 2022-fees?

Verblyf is relatief tot die feesdatum. Ons sal jou op hoogte hou sodra ons meer weet.