Liewe Heksie

Liewe Heksie

“Die geliefde Liewe Heksie is terug! Met haar presente, ’n biki-kini en rolskaatse beloof sy om Blommeland nog kleurryker te maak. Maar ai, die groot grillerige Geelheks probeer haar vieringe in die (rolskaats)wiele ry. Levinia vra mooi: “Asseblief, klein en groot kaboutervriende van Menseland, help my dat ons al die stoute karnallies kan verwilder.” (En o, ja – sy sukkel ook bietjie met haar masker…)
Verna Vels se immergroen verhale kry nog meer lewe met baie gehoordeelname en voortsnellende aksie. Margit Meyer-Rödenbeck is die “ultimate”, nimlike Heksie en die uiters talentvolle Deon van Zyl draf die rolle van Karel Kat, die Geelheks en Koning Rosekrans lag-lag kaf.

Venue: Kopanong Auditorium