Laerskool Noord

Laerskool Noord

LAERSKOOL NOORD se leuse is KYK NOORD EN STOOT VOORT. Die skoolhoof tree af. Drie onderwyseresse sit in die personeelkamer en beplan ’n verrassingspartytjie vir hom terwyl hulle wag vir die hoof om (via Zoom) sy opvolger aan te kondig. Heimlik kou elkeen haar naels. Die vraag is – kou elkeen naels omdat sy die volgende skoohoof wil wees of omdat sy NIE die volgende skoolhoof wil wees nie?

Met: Margit Meyer-Rödenbeck, Marion Holm, Neels Coetzee, en Ilne Fourie.
Regisseur: Gideon Lombard.

LAERSKOOL NOORD laat die gehoor lag en lig hulle op uit die daaglikse swaarkry waaronder almal tans gebukkend gaan. Dit is vermaak uit die boonste rakke.

Venue: Kopanong Auditorium