LAND/MINE: AANDADIGE GEOGRAFIE

Jeannette Unite. MINING THE ARTIST’S PAINTBOX (1992 – verder). Segment van verpersoonlikte periodieke tabel met elemente versamel tydens die kunstenaar se reise.

Sedert haar verblyf in die 1990’s op die alluviale diamantmyne aan Afrika se weskus, fokus Jeannette Unite op Afrika se omstrede mineraalgeskiedenis en die wyse waarop die mens die aarde uitbuit. Haar artistieke, argivaliese navorsing en navorsing op voetsoolvlak spreek die vraag aan waarom die aarde van belang is, asook die verhouding wat die mens met minerale en die aarde histories het. Die resultaat hiervan is ʼn hoogs persoonlike liggaam van werk waaruit haar staafkode, geo-naatmineraalskilderye as ʼn omstrede ertsaar in die LAND/MINE-uitstalling geïnstalleer sal word.Die materiële eienskappe van haar werke is self buitengewoon: die kunstenaar herwin detritus-oorskiet van industriëleterreine en gebruik dit as die kleur en pigment in haar tekeninge en skilderye. Sy werk ook saam met geo-chemici, verf-chemici en keramiekkunstenaars om haar eie verf- en pastelresepte te ontwikkel. Haar palet, georganiseer in ‘n unieke periodieke tabel, bestaan uit flesse gevul met ontginde materie; beide die kosbare erts wat in die industrie gebruik word en dié in slykdamme en mynhope wat sy op haar reise na afgeleë ontginningsgebiede in 32 lande versamel het. Unite se direkte gebruik van ontginde materiaal onderskryf haar navorsingsgebaseerde kunspraktyk wat talm op die voortgesette rol van die mynwese in die (her)produsering van koloniale magsverhoudings.

Datum: 12 Oktober – 12 November 2021 

Plek: Johannes Stegmann Kunsgalery, UFS

Weens Covid-19 is toegang tot die Bloemfontein kampus beperk tot permithouers.

Tyd: 9:00 – 16:00 

Virtuele uitstalling