MEER OOR DIE

Literatuurfees

Die Vrystaat Literatuurfees bevorder die internasionale belang van sowel Afrikaanse as Suid-Afrikaanse letterkunde. Oor ‘n tydperk van ses dae neem meer as 140 individue, insluitend plaaslike, nasionale en internasionale skrywers en digters, deel aan boekgesprekke en boekbekendstellings, langtafel-besprekings, digkunsvoorlesings en -optredes, slypskole vir opkomende skrywers, lesings, films en bustoere.