Oliewenhuis

Tentoonstellings by Oliewenhuis-kunsmuseum gedurende die Vrystaat Kunstefees 

Museumtye: Ma – Vr: 09:00 – 17:00; Sa – So: 09:00 – 16:00 (afhangend van vlak van inperking / depending on lockdown level)

Hoofgebou

New Breed Art Kunskompetisie 

Opening: Dinsdag, 5 Oktober18:00
Kay Fourie. Scrapyard (2019). Houtskool op Academia.
Bongani Tshabalala. Deeper into the Soul (2019). Foto.

Datum: 5 Oktober – 14 November 2021 

Plek: Hoofgebou, Oliewenhuis-kunsmuseum

Phatshoane Henney Prokureurs, in samewerking met Oliewenhuis-kunsmuseum, die Art Bank of South Africa en die Free State Art Collective, nooi jaarliks opkomende kunstenaars van die Vrystaat om in te skryf vir die New Breed Art Kunskompetisie met die doel om hierdie kunstenaars aan te moedig om na vore te tree en moontlik as ‘n “new breed”-kunstenaar ontdek te word. Die uitstalling van die finaliste se werke sal vanaf Dinsdag 5 Oktober 2021 vertoon word.

U word ook uitgenooi om vir u gunsteling-kunstenaars te stem om hierdie jaar se Public Choice Award te wen, deur middel van die kompetisie se amptelike webtuiste, www.newbreedart.co.za.

Reservoir

Āvāhana – Invocation

ʼn solo-uitstalling deur Amita Makan

Kurator: Dr. Bongani Mkhonza

Opening: Dinsdag, 5 Oktober 2021, 19:00

Āvāhana-Invocation is ʼn reisende solo-uitstalling deur Suid-Afrikaans-gebore kunstenaar, Amita Makan. Makan se lapkonstruksies met borduurwerk en collage geniet internasionaal erkenning. Sy besiel haar werk met identiteit, herinnering en geskiedenis deur van eertydse sari’s gebruik te maak en voel intuïtief die kontemporêre aan deur gevonde materiale te integreer – die detritus van plastiek wat ons omgewing vervuil en ons uitdrukkings van versorging besoedel.Makan begin met ʼn selfportret waaruit stralende kanale die worstelende oorlewing van die natuur, waarvan ons so afhanklik is, verken. Op hierdie wyse beklemtoon Makan haar rol binne ʼn toenemend ernstige kulturele reaksie op kapitalisties-gedrewe omgewingschaos – hier neem dit die vorm van ʼn gebed aan om die balans en harmonie van ʼn gebroke aarde te restoureer. In ʼn opstel wat die uitstalling vergesel, skryf kunshistorikus Hélène Tissières: “Om die natuur as kuns weer te gee bevraagteken die … oorheersing van die natuur wat stelselmatig lei tot die verdwyning van duisende spesies, die onderbreking van die voedselketting, die ontwrigting van die regulering van die ekosisteem.”

Amita Makan. Snow Protea I (2017). Borduurwerk met metaal-, nylon- en poliëstergaring, sintetiese linte, krale, Swarovski-kristalle, eertydse sari’s en sequins op tulle, 130 x 92 x 6cm.
Amita Makan. Vasant III (2017). Borduurwerk met satyn en viskose garing, hergebruikte plastiekverpakking op sy organza, 83 x 120 x 3cm.
Amita Makan. Ubuntu Baobab I (2019). Borduurwerk met eertydse saris, sequins, kralewerk met metaal en viskosegaring op sy organza, 270 x 114cm.