Op die man af

As joernalis en nuusleser het Freek Robinson Suid-Afrika se grootste nuusgebeure van die afgelope 45 jaar eerstehands ervaar. In dié memoir deel hy dit wat hy agter die skerms beleef het. Hy vertel hoe hy vir sy lewe uit Soweto moes vlug en van geheime ontmoetings met Thabo Mbeki in Londen. Hy het selfs vir Laurika Rauch lirieke geskryf. Dié boek gee ‘n besonderse blik op die mees opspraakwekkende gebeure in die land se onlangse geskiedenis.

Place of event
Debuut
Place of event 10 Nov 17:30  
Datum en tyd/Date and time
Event language Afrikaans
Taal/Language
Event presenter Ruda Landman
Aanbieder/Presenter
Freek Robinson
Besprekingspaneel/Discussion panel
60 min
Tydsduur/Duration