Phatshoane Henney New Breed Winners Group Exhibition

Dié uitstekende groepuitstalling in Gallery on Leviseur stel ten toon ‘n reeks nuwe kunswerke in ‘n verskeidenhied media deur die vyf wenners van 2017 se Phatshoane Henney New Breed- kunskompetisie – Mandi-Anne Bezuidenhout (wenner), André Rose (naaswenner), meriete-wenners David Molapisi en Louis Krüger, en publieke keuse-wenner Jessica Hansen. Enig in sy soort, is hierdie jaarlikse Vrystaatse visuele kunskompetisie gemik op die ontdekking van nuwe en opkomende Vrystaatse kunstenaars.