Sanlam Portrait Award 2017 Top 40 Exhibition

Die Sanlam-portrettoekenning, tans in sy derde iterasie, vertoon van die beste portretkuns in twee dimensies in Suid-Afrika. Genna and Felix ‘n dubbelportret in olieverf deur Kate Arthur, het in 2017 die toekenning ontvang en word vergesel deur 39 werke wat gekeur is deur ‘n paneel van onafhanklike beoordelaars. Die toekenning word georganiseer deur die Rust-en-Vrede-galery in Durbanville, Kaapstad, en bied R100,000, as prysgeld wat deur Sanlam Private Wealth geborg word. Die uitstalling gaan voort ‘n met ‘n landwye toer en sal ook in 2018 Knysna en George te sien wees. Die toer word georganiseer deur die Sanlam-kunsversameling en word ondersteun deur Sanlam Private Wealth.