Staging change (a Re-Future project)

In 2016-17 het die Australiese kunstenaar Keith Armstrong ‘n ingeburgerde mediakunstenaar in die projek Re-Future geword. Die doel met die projek is om inwoners in informele nedersettings te bemagtig om beelde te skep van die sosiale en ekologiese wêreld waarin hulle graag sal wil woon. Armstrong se bydrae is kreatiewe prosesse, hulpbronne en kunstige denke. Die medewerkers is benewens die inwoners, die Suid Afrikaanse NRO Qala Phelang Tala (onder leiding van Anita Venter), die Program vir Innovasie en Kunstevormontwikkeling (PIKO), die Vrystaat Kunstefees, die Universiteit van die Vrystaat en ander aktiviste. Hierdie werk vier die merkwaardige prestasies van die Bloemfonteinse agente vir verandering wat die publiek sal laat besef watter radikale nuwe idees vir mediakuns uit die scenario gevloei het.