MEER OOR DIE

Vrystaat Kunstefees

Welkom by die Vrystaat Kunstefees, een van die belangrikste kunstefeeste op die Afrika vasteland. Die fees bied vir die afgelope 21 jaar nasionale en internasionale werk aan in ‘n verskeidenheid genres. Die visie van die fees fokus op die beginsel van ‘Een fees, baie stories’. Die fees se missie is om die ontwikkeling en aanbieding van uitstekende kuns in die Vrystaat vir almal te ondersteun.

Die kunstefees is die eerste en enigste Suid-Afrikaanse kulturele aanbieding wat ’n Khoi-San-protokol volg. Op openbare platforms en in die feesprogram word Suid-Afrikaanse Eerste Nasies as die tradisionele eienaars van die land herken. Die fees spog met 9 inisiatiewe wat fokus op innoverende kuns, letterkunde, dans, gesondheid, uitruil en kunsmarkplekke.

VENNOTE

Vrynge
Literatuurfees
Kunstemark

kontak & inskakel

Skryf vir ons ‘n epos!
Kontak ons
Nelson Mandelarylaan 79,
Bloemfontein, 9301