Vrywees

Vrywees is ’n vertoonkas van verskillende kunsvorme soos dans, musiek, mode en poësie. Die inisiatief, gelei deur die kreatiewe direkteur Zane Muller, betrek meer as ‘n honderd kunstenaars in en om plaaslike gemeenskappe wat enige tyd en enige plek op die feesterrein optree. Die verrassingselement van die projek maak dit ’n magiese ervaring wat feesgangers elke dag op die feesterrein kan teëkom en geniet.