#VSLitfees-storieuur

Vanjaar bied die Literatuurfees vir die eerste maal, in die oggende, ’n gratis storie-uur vir die kleinspan aan. Daar word om die beurt deur bekroonde kinderstorie-vertellers Jaco Jacobs en Fanie Viljoen, uit hul eie kinderboeke, vir die kinders voorgelees. Daar word ook opwindende poppeteater, deur PuppeTrix en Puppet Park, aangebied. Kom maak met jou kleintjies ’n draai en loer wat is daardie oggend op die spyskaart