William Humphreys Art Gallery (WHAG)

Die William Humphreys-kunsgalery (WHAG) in Kimberley, Noordkaap, is een van Suid-Afrika se belangrikste kunsversamelingsinstellings. Minder as 1½ uur vanaf Bloemfontein is WHAG ‘n belangrike vennoot binne die Eerstenasies-inisiatief van die Program vir Innovering in Kunsvormontwikkelling (PIKO). Afgesien van die permanente versameling ontwikkel WHAG ook twee belangrike uitstallings oor Eerstenasie-kuns vir die Vrystaat Kunstefees hierdie jaar.

Fresh imaginings from an ancient tradition:

’n Seleksie van kontemporêre San-kuns uit die William Humphreys-kunsversameling | a selection of contemporary San art from the William Humphreys Art Collection

My heart stands in the hill

‘n Uitstalling van die fotografiese beelde uit die publikasie deur Janette Deacon & Craig Foster | An exhibition of photographic images from the publication by Janette Deacon & Craig Foster

Daar is afgeleë dele van Suid-Afrika wat blyk onaangeraak te wees sedert die tyd wat die San daar geloop, gejag en gedans het. Die onvergeetlike mooi foto’s in die boek word gekombineer met die stemme van die San vanuit die wêreldbekende Bleek-Lloyd Breakwater-argiewe om ‘n ervaring te skep wat die leser diep in die Suid-Afrikaanse interieur wegvoer – na ‘n plek waar die /Xam Boesman geglo het hulle terugkeer wanneer hulle doodgaan. Janette Deacon en Craig Foster het saam gewerk aan die publikasie van hierdie manjifieke boek. In 1999 en 2001 het hulle saam op ʼn reeks pelgrimstogte gegaan waar hulle die prag van die klipgravering en hul omgewing gedokumenteer het en so die mense fisies met hul landskap herenig het. Janette Deacon en Craig Foster het so fotografiese beelde van die gevangenisse, van //kabbo en sy familie ‘teruggebring’ na die plek waar hulle vandaan gekom het. Die beelde is geprojekteer teen die klippe- die gegraveerde klippe- en die bome en gras wat elk, tydens hul lewens, intiem geken het